Inskrywings vir Comrades gesluit
2010-11-30 15:33
Kaapstad - Die 18 000 plekke vir aanstaande jaar se Comrades-marathon is opgeraap en inskrywings is Dinsdagmiddag amptelik om 12:00 gesluit, het die Comrades-marathonvereniging in 'n verklaring gesê.
Atlete wat hul inskrywings teen 17:00 Dinsdagmiddag nog gepos het se inskrywings sal steeds aanvaar word, mits die poskantoor se datumstempel op die vorm wys.
Belangstelling in die Comrades het vanjaar 'n hupstoot gekry nadat dit amptelik as 'n Guinness-rekord vir die wêreld se grootste ultra-marathon erken is, toe sowat 14 343 atlete die Comrades in 2009 binne 12 ure voltooi het.
Aanstaande jaar se Comrades vind op 29 Mei plaas. En sal 'opdraand' vanaf Durban na Pietermaritzburg gehardloop word.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sport24