Inskrywings oop vir Two Oceans
2009-11-12 09:15
Kaapstad – Aanlyn-inskrywings is reeds oop vir die land se grootste padwedloop, die 2010 Two Oceans-marathon, wat op 3 April sal plaasvind.
Old Mutual het aangekondig dat hy vir die volgende drie jaar as borg vir die geleentheid sal optree.
Deelnemers moet hul kwalifiserende tye so gou as moontlik inhandig, om moontlike teleurstelling te voorkom.
Aansoeke sal op 3 Maart 2010 sluit, of wanneer 11 000 inskrywingsvorns vir elke afstand ingehandig is.
Deelnemers word aangemoedig om inskrywings aanlyn in te vul by www.twooceansmarathon.org.za. Inskrywingsvorms kan ook by sportwinkels en hardloop-klubs landwyd verkry word.
- Sapa