Igesund opgewonde oor 'Bafana-droomspan'
2012-12-31 07:18
Johannesburg – Gordon Igesund, afrigter van Bafana Bafana, glo hy het die sterkste moontlike span gekies vir die Afrikanasiesbeker.
"Hierdie is 'n droomspan," het Igesund Sondagmiddag gesê tydens die aankondiging van sy span van 23 spelers.
"Hierdie is 'n uitstekende span, baie goed gebalanseer, en die span gee my opsies om op enige tyd in 'n wedstryd na Plan B of Plan C te verander," het hy verduidelik.
Die enigste weglating was dié van Teko Modise van Mamelodi Sundowns.
"Ek glo ek het in hierdie stadium die beste van die spelers in Suid-Afrika gekies," het hy gesê.
Só lyk die span:
Doelwagters: Itumeleng Khune (Kaizer Chiefs), Senzo Meyiwa (Orlando Pirates), Wayne Sandilands (Mamelodi Sundowns)
Verdedigers: Siboniso Gaxa (Kaizer Chiefs), Bongani Khumalo (captain, PAOK Salonika), Tsepo Masilela (Kaizer Chiefs), Thabo Matlaba (Orlando Pirates), Anele Ngcongca (Racing Genk), Thabo Nthethe (Bloemfontein Celtic), Siyabonga Sangweni (Orlando Pirates)
Middelveldspelers: Lerato Chabangu (Moroka Swallows), Kagisho Dikgacoi (Crystal Palace), Dean Furman (Oldham Athletic), Reneilwe Letsholonyane (Kaizer Chiefs), May Mahlangu (Helsingborg), Oupa Manyisa (Orlando Pirates), Thuso Phala (Platinum Stars), Thulani Serero (Ajax Amsterdam), Siphiwe Tshabalala (Kaizer Chiefs)
Doelskieters: Lehlohonolo Majoro (Kaizer Chiefs), Katlego Mphela (Mamelodi Sundowns), Tokelo Rantie (Malmo FF), Bernard Parker (Kaizer Chiefs).
– Volg Nuus24Sport op Twitter.
- SAPA