IAAF vra Semenya om verskoning

2009-08-25 06:35
Tweets Share Share line Print

Wilhelm de Swardt

Pretoria - Lamine Diack, voorsitter van die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF), erken die ondersoek om vas te stel of Caster Semenya ’n vrou is, is heeltemal verkeerd hanteer.

Dit moes nooit aan die lig gekom het dat sy aan geslagstoetse onderwerp gaan word nie, het hy gesê.

“Ek kan haar maar net om verskoning vra en belowe ek gaan ’n prosedure instel wat sal verseker dat geen atleet in die toekoms ooit weer so verneder word nie.

“Ek het ’n ondersoek gelas om te probeer vasstel wie die inligting oor Semenya se toetse aan die media laat uitlek het,” het hy aan die Britse Press Association gesê.

Die Brit Jenny Meadows, wat derde geëindig het in die 800 m wat Semenya gewen het, het aan die BBC gesê haar hart gaan uit na die Suid-Afrikaner. “Wat nou aan die gebeur is, kan nie vir haar maklik wees nie en moes nooit gebeur het nie. Die IAAF en Atletiek Suid-Afrika (ASA) dra ewe veel skuld vir die verleentheid waarin Se­menya haar bevind.”

Leonard Chuene, voorsitter van ASA, het verlede week ontken dat daar voor die Wêreldbyeenkoms enige vrae oor Semenya se geslag gestel is. Hy het die hele debakel aan rassisme toegeskryf.

Bubé Pienaar, middelafstand-afrigter van Potchefstroom, het gister gesê hy het genoeg van die ASA se “leuens” gehad en is moeg dat ASA telkens die rassekaart speel wanneer gefouteer word.

“Dit is tyd dat die waarheid uitkom. Op vanjaar se Suid-Afrikaanse junior byeenkoms in Pretoria het ek en ’n paar ouers en afrigters ’n beampte van ASA gevra of hulle ’n slag mooi na Semenya gekyk het.

“My woorde was dat Caster se profiel nie pas by dié van ’n 18-jarige dogter nie en sy eerder soos ’n 19-jarige seun lyk.”

Hy het dit duidelik gestel dat hy nie sê Caster is ’n seun nie, maar op die oog af “lyk, loop, praat en hardloop sy soos een”.

“Ons voorstel was dat ASA haar miskien moet laat toets sodat daar duidelikheid verkry kon word. Die beampte was woedend dat ek dit durf voorstel. Aan ons is gesê ons is rassiste wat Caster nie haar sukses gun nie, en as ons weet wat goed is vir ons, sal ons ons neus uit ASA se sake hou.”

ASA het glo toe ook gesê Caster “het gekies om ’n meisie te wees en klaar”.

“As afrigter en self ’n pa voel ek jammer vir Caster. Sy is net ’n kind wat ’n pion in ’n grootmensspel geword het, maar ek dink nie mense besef hoe ontmoedig die ander meisies raak wanneer hulle telkens stukkend gehardloop word deur iemand wat op die oog af nes ’n seun lyk en optree nie.”

- Die Burger 

Lees meer oor: asa  |  caster semenya  |  iaaf

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Sirrion sê... Met so 'n naam kan jy net gaan boer. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. More sun than clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Scattered showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 20-30°C Strong thunderstorms. Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Widely scattered tstorms. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Landcruiser Prado 3.0 DT VX 4x4 8-s Dsl AT
2005
R 299,900.00

VOLKSWAGEN

Polo Vivo 1.4 Trendline 5-dr
2011
R 120,900.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.