IAAF sê gou oor Oscar

2011-08-16 07:02
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Oscar Pistorius, ’n Paralimpiese kampioen, sal aanstaande week op die Wêreld-atletiekbyeenkoms in Daegu, Suid-Korea, dalk net aan die 4x400-aflos mag deelneem as hy wegspring.

James Evans, voorsitter van Atletiek Suid-Afrika, het Maandag gesê dat die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies geen probleem met Pistorius se deelname aan die 400 m het nie, maar hy verwag dat die IAAF voorskriftelik oor die aflos gaan wees.

“Niks is nog finaal nie. Ek wag nog vir ’n antwoord van die IAAF oor Oscar se deelname aan die aflos.”

Volgens Evans gaan alles oor die veiligheid van die atlete. “Daarom verwag ek dat die IAAF daarop gaan aandring dat Oscar net aan die aflos mag deelneem as hy wegspring, want die atlete hardloop dan nog in bane.

“Dinge raak rof van die tweede en derde oorgeë. Gaan kyk hoeveel atlete het op die vorige Wêreldbyeenkoms in Berlyn in die 4x400-aflos geval.

“Die laaste ding wat die IAAF wil hê, is dat Oscar lelik moet seerkry, omdat ’n atleet hom uit die pad stamp. Daar bestaan ’n gevoel dat Oscar makliker as ander atlete sy balans kan verloor.

“Baie atlete is bang dat hulle kan seerkry as hulle reg langs Oscar in die 4x400-aflos moet hardloop en sy ‘lemme’ tref hulle.”

Ampie Louw, Pistorius se afrigter, het gesê hy is verslae oor die nuwe herrie. “Ek kan dit nie verstaan nie. Al wat Oscar nog altyd vra, is ’n regverdige kans om deel te neem, maar dit lyk nie asof dit hom ooit beskore gaan wees nie.

“Oscar wil bitter graag Suid-Afrika help om ’n medalje in die aflos te wen.”

Louw wou nie sê oor wat sal gebeur as Pistorius dié keuse moet maak: Of jy spring weg of jy hardloop nie.

Sport24

– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lees meer oor: oscar pistorius  |  atletiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
2 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 5-dr
2006
R 109,995.00

AUDI

A4 1.8T MY05
2005
R 215,900.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2007
R 108,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.