IAAF sal definisie van vrou bepaal
2009-10-10 14:18
Birmingham, Engeland – Die Internasionale Atletiekvereniging (IAAF) gaan volgende week begin om ‘n definisie van ‘n vrou in die konteks van atletiek vas te stel.
Dit is ter voorbereiding van die bekendstelling van Caster Semenya se geslagstoets-resultate.
Pierre Weiss, die algemene sekretaris van die IAAF, het Saterdag bygevoeg dat die organisasie se mediese kommissie ‘n jaar kan neem daardie definisie vas te stel.
“Ons word gedwing om op te tree. Dit sou beter gewees het as ons voorbereid was, maar ons was nie voorberei nie.”
Semenya het die 800m by die wêreldkampioenskappe in Berlyn gewen.
Voor die finaal het die IAAF aangekondig dat geslagstoetse op haar gedoen moet word.
Die resultate van die toetse word deur verskeie kenners oor die wêreld bestudeer, het Weiss gesê.
Die resultate sal in November bekendgemaak word.
- Sapa-AP