IAAF dringend op soek na Semenya

2009-09-09 22:57
Tweets Share Share line Print

Wilhelm de Swardt

Die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) wil dringend met Caster Semenya praat, Suid-Afrika se wêreldkampioen in die 800m vir vroue, maar word skynbaar deur Atletiek Suid-Afrika (ASA) verhinder.

Die IAAF het Woensdag bevestig hy het die uitslae van die geslagstoetse op Semenya ontvang.

Dit sal eers openbaar gemaak word nadat ander deskundiges dit ook bestudeer het en Semenya daaroor ingelig is.

Mnr. Nick Davies, woordvoerder van die IAAF, het gisteraand uit Lausanne, Switserland, gesê omdat dit so ’n sensitiewe aangeleentheid is, moet die toetse weer deur deskundiges nagegaan word.

Die toetse is by verlede maand se Wêreld-atletiekbyeenkoms in Duitsland gedoen.

“Ons kan nie bekostig om enige foute te maak nie, veral omdat ons reeds met die internasionale menseregtehof gedreig word en omdat dit nou in Suid-Afrika ’n politieke aangeleentheid geword het.”

Volgens Davies val versoeke van die IAAF aan ASA om met haar in verbinding te tree tot dusver op dowe ore.

“ASA se optrede kan ernstige gevolge vir Semenya inhou as ons nie binnekort met haar self kan praat nie. In kort kom dit daarop neer dat sy nie wil saamwerk nie.

“As dit ’n dwelmverwante probleem was, sou sy al lankal geskors gewees het, maar hierdie is ’n unieke probleem waarvoor die IAAF se reëls nie voorsiening maak nie. Dit is vir ons belangrik om met haar oor die uitslae van die toetse te gesels,” het Davies gesê.

Hy het gesê daar is geen mediese toetse in Suid-Afrika op Semenya gedoen nie, ten spyte daarvan dat die IAAF dr. Harold Adams, die SA spandokter wat op die mediese paneel van die IAAF en ASA dien, opdrag gegee het om toe te sien dat dit gedoen word.

Beeld het verneem Semenya is wel in Pretoria voor die SA span se vertrek na die Wêreldbyeenkoms getoets, maar die uitslae is moontlik nie aan die IAAF deurgegee nie.
Davies het gesê Adams het “spoorloos” verdwyn.

Davies het ook gesê die manier waarop ASA Semenya se saak hanteer, kan in die volgende paar weke ’n yslike verleentheid word.

Volgens Davies het mnr. Leonard Chuene, president van ASA, die laaste paar weke soveel onwaarhede rondom die IAAF se hantering van Semenya se saak verkondig dat dit beslis vir hom ’n verleentheid gaan word wanneer die feite bekend gemaak word.

Chuene gaan dalk geen keuse hê as om te bedank as president van ASA nie, het hy gesê. Davies het gesê dit is jammer dat ASA toegelaat het dat politici by die saak betrokke raak sonder dat hulle al die feite tot hul beskikking het.

Ongeag die uitslae sal Semenya die goue medalje behou wat sy in Berlyn gewen het, asook die $60 000 (sowat R450 000) vir haar eerste plek.

–Beeld
 

Lees meer oor: caster semenya  |  asa  |  geslagstoetse  |  iaaf

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Business Analyst

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R30000 - R40000

SAP Analyst – Automotive Industry

South Africa. Port Elizabeth
Hire Resolve
R300000 - R420000

Network Engineer (CCNP and CCSP)

Johannesburg, South Africa
Modis Professional Recruitment Services (Pty) Ltd
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 5-dr
2006
R 109,995.00

AUDI

A4 1.8T MY05
2005
R 215,900.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2007
R 108,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.