IAAF-baas kom nié na SA

2009-10-23 09:19
Tweets Share Share line Print

Johannesburg - Lamine Diack, voorsitter van die Internasionale Vereniging van Atletiek­federasies (IAAF), het sy besoek aan Suid-Afrika afgelas.

Sy plan was om die naweek met Makhenkesi Stofile, minister van sport, te vergader om die Caster Semenya-saak te bespreek.

Diack het inderhaas van plan verander en skielik besluit om eerder ’n uitnodiging van Rusland se president te aanvaar om die naweek ’n ekonomiese sportberaad in Kazan by te woon.

Nick Davies, woordvoerder van die IAAF, wou hom nie uitlaat oor die feit dat die skielike verandering in Diack se reisplanne dalk is omdat sekere ANC-lede daarop aandring dat Diack nie in die land welkom is voordat hy en die IAAF nie vir Semenya om verskoning gevra het nie.

Davies sê Diack is steeds bereid om na Suid-Afrika te reis om met Stofile en die bestuur van Atletiek Suid-Afrika (ASA) te beraadslag.

Die volgende groot krisis in die Semenya-sage gaan waarskynlik wees oor wat geword het van die uitslae van die geslagstoetse wat op 7 Augustus in Pretoria uitgevoer is.

Davies sê die uitslae van die geslagstoetse wat gedurende die Wêreldbyeenkoms in Berlyn op Semenya gedoen is, is feitlik klaar ontleed.

“Ons het ’n mediese paneel wat uit agt deskundiges – vier van die IAAF se mediese komitee en vier ander – saamgestel om die uitslae van die toetse weer ’n slag na te gaan.

“Ons hoop om die uitslae van die Berlyn-toetse te kan vergelyk met die Pretoria-toetse.

“Dit is een van die redes waarom Diack met Suid-Afrika se minister van sport wil vergader. Ons hoop dat die minister sal instem dat die uitslae van die Pretoria-toetse aan ons deskundiges beskikbaar gestel sal word.

“Dit sal nie vir die IAAF ’n probleem wees as die minister en ASA daarop aandring om self ’n paar deskundiges aan te stel om die uitslae saam met ons paneel van deskundiges na te gaan nie.

“Eers nadat ons die uitslae van albei toetse nagegaan het, sal ons met Semenya oor haar toekoms wil gesels.”

Chris Britz, vise-voorsitter van ASA, het gister gesê ASA het nie ’n idee waar die uitslae van die toetse is wat in Pretoria op Semenya gedoen is nie. Volgens hom het ASA nooit opdrag gegee dat Semenya getoets moes word nie.

Dr. Harold Adams het volgens hom in opdrag van die IAAF gereël dat die toetse in Pretoria op Semenya uitgevoer word. Dit is algemeen bekend dat mnr. Molatelo Malehopo, uitvoerende hoof van ASA, en mnr. Leonard Chuene, voorsitter van ASA, bewus was van Adams se reëlings om Semenya voor die Wêreldbyeenkoms in Berlyn in Pretoria te laat toets.

Beeld het betroubaar verneem wie op die oomblik in besit van die uitslae van die toetse is wat in Pretoria uitgevoer is. Dié persoon hou vol dat hy nooit sal toelaat dat die uitslae openbaar gemaak word nie omdat hy dit só aan Semenya belowe het.

- Beeld

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: caster semenya  |  iaaf

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

CarlikBait sê... Frans moet tog nie dat die BULLE te ver wen nie,eintlik sal n verloor ook nog goed wees anders be..k die stormer ondersteuners netnou die hele KAAP en ons wil baie graag DIE BEKER wat hulle al FEBRUARIE gewen het sien,tussen die 10jaar se stof is dit reeds moelik genoeg om iets in daai trofeekas van hulle raak te sien so moet dit nie nou nog moeiliker staan maak nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Admin Assistant

Silverton, Pretoria, South Africa
Sentinel Staffing Services
R8000 - R10000

Back End Developer

Cape Town, South Africa
Nu Beginnings Recruitment Specialists
Market Related

Clerk General III

Bethlehem, South Africa
Pioneer Foods
Market Related

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

118i (E87)
2007
R 200,600.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 255,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.