IAAF: Semenya mág as vrou deelneem
2010-07-06 16:18
Johannesburg - Die 800m-atleet Caster Semenya mag saam met vroue deelneem, het die Internasionale Vereniging van Atletiekfederasies (IAAF) Dinsdag gesê.
Dít volg ná 'n amper 'n jaar van spekulasie oor haar geslag.
Die IAAF het Semenya die groenlig gegee om weer deel te neem ná hulle die uitslae van haar geslagstoetse hersien het.
"Die proses het in 2009 begin en is nou afgehandel," het die IAAF in 'n verklaring gesê.
"IAAF aanvaar die gevolgtrekking van 'n paneel mediese kenners dat sy met onmiddellike effek kan deelneem."
"Die mediese besonderhede in die saak bly vertroulik en die IAAF gaan nie verder kommentaar lewer oor die saak nie."
Semenya het nie aan atletiek deelgeneem sedert uitslae van haar geslagstoetse aan die media bekend gemaak is nie.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sapa - AFP