Hitte laat tennissterre sweet

2010-09-02 07:14
Tweets Share Share line Print

New York – Die top-gekeurde in die mans-enkelspel, Rafael Nadal, is kwaai getoets in die eerste ronde van die Amerikaanse Ope-tennistoernooi hier op Flushing Meadows deur die Rus Teymuraz Gabashvili.

Nadal het net drie minute minder as drie ure op die baan deurgebring om die Rus met 7-6 (7/4), 7-6 (7/4), 6-3 te klop.

“Ek verkies om net ’n uur en tien minute te speel, maar in ’n toernooi soos hierdie is geen wedstryd maklik nie,” het Nadal gesê.

In teenstelling met Nadal, het die top-gekeurde vrou, Caroline Wozniacki, gou klaargespeel met Chelsey Gullickson en met 6-1, 6-1 geseëvier. Sy het eers teen middernag op die baan gestap, ná Nadal se wedstryd.

“’n Sege is egter ’n sege, maak nou nie saak watter tyd dit behaal word nie.

“Solank ek wen, is ek tevrede,” het Wozniacki gesê.

In die eerste 32 potte van die Nadal-wedstryd, was daar sewe breekpunte, maar nie een van die spelers kon dit benut nie. Nadal het egter die sleutelpunte in die valbylpotte gewen om die eerste twee stelle syne te maak.

Die eerste keer dat hy op die Rus se afslaan kon deurbreek, was in die sewende pot van die derde stel, met Gabashvili wat ’n voorarmhou teen die net vasgeslaan het.

Gedurende die dag was dit versengend warm en die 14de gekeurde vrou, Maria Sharapova, het stadig begin in haar sege met 4-6, 6-3, 6-1 oor Jarmila Groth van Australië.

“Dae soos dié moet jy maar net vasbyt en maniere vind om te baklei vir ’n sege,” het sy gesê.

Die vierde gekeurde, Jelena Jankovic, het ook albei drie stelle nodig gehad om deur te dring.

“Die hitte het dinge besonder moeilik gemaak, maar ek wou nie daaraan dink nie en het net op die wedstryd probeer fokus,” het Jankovic gesê.

Die Serwiër Novak Djokovic, derde gekeur, het drie uur en 40 minute benodig om sy vriend en landgenoot Viktor Troicki met 6-3, 3-6, 2-6, 7-5, 6-3 uit te skakel.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Fernando sê... Semi eerlik? Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-28°C Widely scattered tstorms. More sun than clouds. Mild.
Jhb: 17-26°C Scattered showers. Afternoon clouds. Mild. Bfn: 20-30°C Strong thunderstorms. Afternoon clouds. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Widely scattered tstorms. Mostly cloudy. Warm. PE: 19-24°C Mostly sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

318i E46 AT
2003
R 109,990.00

MERCEDES

CLK 430 Cabriolet AT
2000
R 210,000.00

VOLKSWAGEN

POLO 1.6
2004
R 95,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.