Hekkies-oorlog tussen SA en Amerika

2011-09-01 08:43
Tweets Share Share line Print

Daegu, Suid-Korea – Die oomblik van waarheid breek Donderdagmiddag om 14:30 Suid-Afrikaanse tyd vir LJ van Zyl en Cornel Fredericks op die Wêreld-atletiekbyeenkoms aan wanneer hulle in hul wegspringblokke vir die eindronde van die 400 m-hekkies sak.

Dit is die beste kans sedert 1997 vir ’n Suid-Afrikaner om weer ’n medalje in dié nommer te wen.

Llewellyn Herbert was tóé tweede in Athene.

Van Zyl se Suid-Afrikaanse rekordtyd van 47.66 sekondes is tot dusver nie oortref nie, terwyl Fredericks die vierde vinnigste atleet vanjaar tussen dié in die eindronde is.

Bershawn Jackson (VSA, 47.93) en sy landgenoot Angelo Taylor (47.94) is onderskeidelik die tweede en derde vinnigste atlete in die eindronde.

Die wedloop kan dus maklik op ’n oorlog in die kleine tussen Suid-Afrika en die VSA afstuur.

Volgens die statistieke moet die Amerikaners die gunstelinge wees. Op sewe van die 13 Wêreldbyeenkomste het ’n Yank die goue medalje gewen. Sedert 2007 is hulle nog nie in dié nommer geklop nie.

Javier Culson (Puerto Rico), silwermedalje-wenner in Berlyn in 2009, en David Greene, Engeland se Statebondspele-kampioen, is die ander twee atlete om dop te hou.

Jack Green, nóg ’n 400-hekkiesatleet van Brittanje, het ná Dinsdagaand se halfeindronde vol bravade voorspel dat Van Zyl geen kans het om sy landgenoot te klop nie. “David gaan goud wen. Hy raak net beter en beter soos die seisoen vorder, terwyl Van Zyl goed begin het, maar toe begin het om uit te sak.”

Van Zyl wou hom nie uitlaat oor wat in die eindronde kan gebeur nie.

“Ek het my eerste doelwit verwesenlik en dit was om vir die eindronde te kwalifiseer. Al wat ek nou kan doen, is om my beste te lewer.”

Van Zyl sal waarskynlik weer van meet af aan probeer voor hardloop om sodoende sy teenstanders onder druk te probeer plaas.

Fredericks het tot dusver nog op elke Wêreldbyeenkoms (Jeug-, Junior, Studente- en nou) waaraan hy deelgeneem het, daarin geslaag om tot die eindronde deur te dring.

Mario Smit, sy afrigter, is vol lof vir Fredericks se veggees. “Cornel was beslis in die halfeindronde in die strafste uitdun geloot, maar hy het hom nie deur sy veel meer ervare teenstanders laat intimideer nie.

“Ons plan was dat hy sy halfeindronde-wedloop moes wen. Hy het nie. Nou sal hy dit maar in die eindronde moet doen.”

* Die kans dat Ruben Ramolefi in die eindronde van die 3 000-hindernis ’n medalje sal wen, is skraal. Sewe atlete spog met vinniger tye as hy. Dit sal ’n groot prestasie wees as hy sy Suid-Afrikaanse rekord weer kan verbeter. Hy dreig al lank om ’n tyd onder 8.10.00 te hardloop.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

  

Lees meer oor: lj van zyl  |  atletiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 5-dr
2006
R 109,995.00

AUDI

A4 1.8T MY05
2005
R 215,900.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2007
R 108,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.