Haydn nuwe SA kampioen

2012-02-12 10:11
Tweets Share Share line Print

Johannesburg – Haydn Porteous het die grootste oomblik van sy jong gholfloopbaan Vrydagmiddag op sonderlinge wyse laat insink: peinsend op die Glendower-gholfbaan, totaal onbewus van die irriterende motreën wat oor die Goudstad aan die uitsak was.

Dit was ’n reflektering waarop dié 17-jarige tienersensasie heeltemal geregtig was, ná ’n dag waarop hy herstel het van twee foute wat baie ander spelers se hele middag sou beduiwel, en weggestap het met die titel van Suid-Afrikaanse Houespel-kampioen.

En dít met ’n voorgee van vyf.

Porteous, die land se naasbeste amateurspeler, het die SA Houespel-kam­pioenskap Vrydag by Glendower met een hou gewen ná hy die toernooi met twee voëltjies oor die laaste vier putjies afgesluit het.

Hy het by die halfpadmerk van die laaste ronde ’n voorsprong van drie houe gehad, maar dit ingeboet met ’n brouhou by die twaalfde en ’n dubbele brouhou by die dertiende putjie.

Teen die tyd dat hy op die sewentiende bof gestaan het, was hy twee houe agter die Italianer Andrea Bolognesi, saam met wie hy gespeel het. ’n Uitstekende naderhou na dié syfer-3-putjie, gekombineerd met drie sethoue vir die Italianer, het sake egter gelyk gemaak, en toe Bolognesi by die laaste putjie ook drie keer set, is die Johannesburgse tiener se grootste droom bewaarheid.

“Dis een van die ongelooflikste oomblikke van my lewe,” het ’n emosionele Porteous ná sy triomf gesê. “Ek weet nie of ek moet lag of huil nie – daar is geen woorde om te beskryf hoe ek hieroor voel nie.”

Die Kyalami-inwoner se sukses het hoegenaamd nie as ’n verrassing gekom nie. Porteous is ’n voormalige SA o.14- en 0.16-kampioen, het verlede jaar as 16-jarige sy debuut vir die senior SA span gemaak en is 77ste op die wêreldranglys vir amateurs.

Met een groot titel nou in die sakkie kan Porteous homself toelaat om selfs groter te droom oor die rits uitdagings wat oor die volgende weke op hom wag.

Eerstens is daar die Suid-Afrikaanse span se uitdaging vandeesweek teen Skotland, in ’n toetsreeks by die Leopard Creek-gholfbaan buite Malelane.

Daarna is dit Kaapstad toe vir die SA Amateur-kampioenskap, waar Porteous sal probeer om albei die land se gesogste amateur-titels in te oes.

Tussendeur wag heelwat internasionale aksie – sy pa, Dave, het Vrydag heel tereg opgemerk dat hy net kan verbeter as hy meer gereeld in die buiteland meeding – en die uitdaging van sy matriek verwerf.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter

– Sport24

Lees meer oor: haydn porteous  |  gholf

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 5-dr
2006
R 109,995.00

AUDI

A4 1.8T MY05
2005
R 215,900.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2007
R 108,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.