Hatton het glo drankprobleem en depressie
2010-09-14 10:50
Manchester - Die bokser Ricky Hatton het Maandag met rehabilitasie begin nadat hy gediagnoseer is met depressie sowel as ‘n drankprobleem.
Die aankondiging is gemaak nadat dié voormalige wêreldbokskampioen op video deur die News of the World betrap is waar hy kokaïen snuif.
Volgens Hatton se woordvoerder, Max Clifford, het die bokser geen verskonings vir wat gebeur het nie en aanvaar hy volle verantwoordelikheid vir sy optrede.
Clifford het bygevoeg dat Hatton glo al ’n geruime tyd erg depressief is en dat hy onlangs eers dwelms begin gebruik het. En dat drank sy eintlike probleem is.
Hatton moet moontlik voor die Britse boksraad verskyn oor bewerings van sy alkoholmisbruik.
Sy lisensie kan moontlik teruggetrek word of hy kan beboet word.
Hatton, ’n voormalige ligweltergewig- en weltergewig-wêreldkampioen, het laas in Mei 2009 geboks.
Die Fillipyn Manny Pacquiao het hom toe in die tweede ronde uitgeslaan.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- SAPA