Hamilton wen Turkse F1
2010-05-31 15:44
Istanbul – Lewis Hamilton van Brittanje het sy eerste oorwinning behaal in vanjaar se Formule Een-seisoen toe hy die Turkse Grand Prix Sondag in sy Mclaren gewen het.
Hamilton se spanmaat, Jenson Button, het in die tweede plek geëindig.
Mark Webber (Red Bull) het vanaf die wegspring vir 40 rondes voorgeloop totdat hy en sy spanmaat, Sebastian Vettel van Duitsland, teen mekaar gebots het nadat Vettel hom wou verbysteek.
Dié ongeluk het aan Vettel 'n pap wiel besorg wat die einde van dié Duitser se resies beteken het.
Webber het in die derde plek geëindig.
Ferrari se Felipe Massa en Fernando Alonso, het onderskeidelik in die sewende en agtste posisies oor die eindstreep gejaag.
Lees die volledige artikel hier.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Wheels24