Groot terugslag vir SA hekkiesloper

2011-09-13 07:02
Tweets Share Share line Print

Pretoria – LJ van Zyl sal nie weer vanjaar aan atletiek deelneem nie.

Hy het Sondag op ’n internasionale byeenkoms in Berlyn sy dyspier só erg beseer dat hy byna nie die 400 m-hekkieswedloop voltooi het nie.

Hy het agtste in ’n tyd van 52.78 s geëindig.

Dié besering beteken dat Van Zyl nie Vrydagaand in Brussel aan die tweede eindronde van die Diamantliga-byeenkoms kan deelneem nie.

“Dit sou lekker gewees het om ’n diamant(-trofee) te wen, maar dit gaan nie gebeur nie, want my dyspier is in sy peetjie. Ek het Sondag sommer ná die eerste 150 meter besef my seisoen is verby.

“Maar ek kla nie. Ek het ’n goeie seisoen gehad waarin ek albei my doelwitte verwesenlik het. Die eerste was om die Suid-Afrikaanse rekord te verbeter en ek wóú ’n medalje op die Wêreld-atletiekbyeenkoms (in Daegu, Suid-Korea) wen.”

Van Zyl het ’n bronsmedalje in die 400-hekkies gewen en was ’n lid van die 4x400-aflosspan wat ’n silwermedalje verower het.

Sy 47.66 s vroeër vanjaar is steeds die vinnigste sover dié seisoen.

Suid-Afrika se atlete het uitgeblink op die Statebondjeugspele wat op die eiland Man gehou is.

Gerhard de Beer het die Suid-Afrikaanse jeugrekord (o.18) in die diskusgooi verpletter met sy wengooi van 67.44 m.

Dit was ook goed genoeg om die goue medalje syne te maak.

Die 4x100-aflosspan (Pieter Conradie, Constant Pretorius, Andries van der Merwe en Bradley Brits) het nie net gewen nie, maar ook die Suid-Afrikaanse rekord tot (41 s) verbeter. Van der Merwe het die 110-hekkies in 13.32 s gewen. Hy het ook goud op die Wêreld-jeugbyeenkoms gewen.

 Die ander medaljewenners was: Goud: Morné Moolman (81.53 – spiesgooi), Ruan Combrink (18.57 – gewigstoot), Albert Janki (14.85 – driesprong), Willem van Schalkwyk – 2.03 m). Silwer: Constant Pretorius (53.05 – 400-hekkies). Brons: Katleho Dyoyi (5:56.91 – 2 000-hindernis), Jan-Louw Kotze (62.90 – diskusgooi).

Sport24

– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

Lees meer oor: lj van zyl  |  atletiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 5-dr
2006
R 109,995.00

AUDI

A4 1.8T MY05
2005
R 215,900.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2007
R 108,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.