Giro stuur af op Seinheuwel-riller

2010-03-12 09:27
Tweets Share Share line Print

Eunice Visagie

Paarl - Dié wat nie senuwees van staal het nie, moet eerder vandag wegbly van Seinheuwel, want die geveg om plekke op die wennerspodium van die Giro del Capo het in ’n riller-stryd ontaard.

Burry Stander (Specialized) is steeds die algehele voorloper ná die derde skof (171 km) van dié fietstoer. Hy het gister ’n naelbyt-naelrit teen Hanco Kachelhoffer (Mescheme) verloor. Die wentyd was 4 uur, 28 minute en 2 sekondes.

Stander is nou net 10 sekondes voor Kachelhoffer. David George (safindit.co.za) is 14 sekondes en Kevin Evans (MTN-Energade) 15 sekondes agter Stander.

Almal onder die voorlopers is boonop goeie tydtoetsjaers. Evans is die huidige Suid-Afrikaanse kampioen, terwyl George die rekord hou vir die vinnigste klim teen Seinheuwel uit. Hy het 12 minute en 30 sekondes nodig gehad om die 5,5 km af te lê.

Stander was Donderdag vol lof vir sy spanmaats.

“Dit is danksy my spanmaats (Christoph Sauser, Craig Paul en Ben-Melt Swanepoel) dat ek steeds die pienk trui dra,” het die 22-jarige Stander gesê.

“Hulle het baie hard gewerk en net MTN het saam met ons gewerk om die jaers wat weggebreek het terug te trek. David George se span het geweier om te help.”

Oor vandag se heuwelklim is Stander versigtig optimisties.

“Ek dink die klim sal my goed pas en ek is nie ’n slegte tydtoetsjaer nie. Ek was vierde op vanjaar se SA byeenkoms. Ek was oor 40 km net een minuut stadiger as Kevin. Ek gaan moet uithaal en wys. Die voorsprong wat ek het, is omtrent niks.”

Evans is egter ook optimisties oor sy kanse. Hy het dit vooraf duidelik gestel dat hy glo in sy kanse om te wen as hy met die heuwelklim nog tussen die voorlopers tel.

Hy is steeds die bobaas van die berge en Malcolm Lange (Medscheme) die voorloper in die puntekompetisie.

Vandag se laaste skof begin om 09:30 in Kampsbaai.

Intussen het Lance Armstrong onthul dat hy sy bes gaan doen om toe te sien dat sy spanmaat Daryl Impey Sondag se Argus-wedren wen.

Daar is vroeër gemeen dat Armstrong net vir liefdadigheid sou ry, maar hy het toestemming gekry om saam met die elite-jaers weg te spring.

- Sport24


 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: giro del capo  |  fietsry

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

Johan sê... Dis soos krieket en nou sokker....als raak by die dag meer en meer n klugspul. Jy weet nie meer wat is sport en wat is snert nie. Rugby volgende? Wel,van die skeidsregters is reeds daar..... Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 16-21°C Mostly sunny. Cool. Pta: 19-28°C Numerous showers. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-25°C Numerous showers. Morning clouds. Mild. Bfn: 17-25°C Heavy rain. Mostly cloudy. Mild.
Dbn: 23-27°C Heavy rain. Breaks of sun late. Mild. PE: 18-22°C More sun than clouds. Cool.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

ISUZU

KB220 LE D-Cab
2004
R 89,990.00

TOYOTA

Corolla 2.0 D-4D Exclusive Dsl MY10
2011
R 221,900.00

ISUZU

KB300 TDi LWB LX Dsl MY04
2007
R 212,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.