Giro del Capo het vanjaar nuwe dimensie

2010-03-09 09:06
Tweets Share Share line Print

Eunice Visagie

Kaapstad - Om ’n wenner vir vanjaar se Giro del Capo te voorspel, is iets wat net die heel dapperste fietsrykenners sal doen.

Die Giro begin vandag in Wellington en eindig net meer as 400 km later op Seinheuwel hier in die Moederstad.

Nadat verlede jaar elke dag in afsonderlike wedrenne gejaag is, is dit vanjaar weer ’n nasionale toer.

Die meeste van die voorste jaers in die land sal in aksie wees.

Van die gunstelinge is Nick White, Hanco Kachelhoffer (albei Medscheme), David George, Jacques Janse van Rensburg (DCM) en Kevin Evans (MTN-Energade).

George het al verskeie kere vantevore die Giro gewen, terwyl Kachelhoffer en Janse van Rensburg al gewys het waartoe hulle in ’n meerdaagse toer in staat is.

Dit is veral Evans wat die res van die bondel met valkoë sal dophou.

Sy peil is uitstekend. Hy het vanjaar reeds die Suid-Afrikaanse tydtoets-wedren gewen, hy is wéér die Suid-Afrikaanse marathon-bergfietskampioen en het die naweek saam met sy Cape Epic-maat, Alban Lakata, die bergfietstoer Sani2c oor drie dae gewen.

“Ek voel geen druk nie. Ek dink dit is te wagte dat daar dié is wat dink ek het ’n goeie kans, maar ek voel geen eksterne druk nie,” het Evans gister gesê.

“Ek het egter natuurlik verwagtinge en ek sal dit baie graag wil wen.

“Die roete pas my en vanjaar gaan die Giro ’n nuwe dimensie hê met dié dat daar geen spanradio’s gebruik mag word nie.
“Jaers sal dus nou vir hulself moet dink.”

As bergfietsryer is Evans gewoond hieraan.

“Dié jaers wat nie vir hulself kan dink nie, gaan die meeste geraak word en dit gaan beslis die toer beïnvloed.”

Vir Evans is dit die belangrikste om nog ’n aanspraakmaker te wees wanneer die laaste skof – heuwelklim oor 5,5 km van Kampsbaai na Seinheuwel – aanbreek.

“Nadat ek die Suid-Afrikaanse tydtoets-ren gewen het, het ek natuurlik selfvertroue vir ’n tydtoets en ek gaan die Suid-Afrikaanse trui aanhê, wat nogal spesiaal gaan wees.”

Skofte vir Giro del Capo: VANDAG: Wellington, 106 km. WOENSDAG: Durbanville, 143 km. DONDERDAG: Paarl, 171 km. VRYDAG: Seinheuwel, 5,5 km 

- Beeld

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: fietsry  |  giro del capo

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

CarlikBait sê... Frans moet tog nie dat die BULLE te ver wen nie,eintlik sal n verloor ook nog goed wees anders be..k die stormer ondersteuners netnou die hele KAAP en ons wil baie graag DIE BEKER wat hulle al FEBRUARIE gewen het sien,tussen die 10jaar se stof is dit reeds moelik genoeg om iets in daai trofeekas van hulle raak te sien so moet dit nie nou nog moeiliker staan maak nie. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 10-18°C Mostly sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 2-17°C Sunny. Cool. Bfn: 1-15°C Sunny. Quite Cool.
Dbn: 14-20°C Mostly sunny. Cool. PE: 13-19°C A few showers. More sun than clouds. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

BMW

118i (E87)
2007
R 200,600.00

VOLKSWAGEN

CitiGolf 1.4i 5-dr MY04
2007
R 72,995.00

AUDI

A4 2.0 TDi Dsl 103kW MY05
2006
R 255,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

7'' gobii LCD e-leser met kleur

Nou slegs R899

Sluit in e-boek geskenkbewys ter waarde van R160, swart omslag en USB muur laaier. Aanbod eindig 27 Mei 2012. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.