Giniel blaas in Peterhansel se nek
2013-01-07 09:27
Pisco – Die verdedigende kampioen van die Dakar-tydren, Stephane Peterhansel, het Sondag die algehele voorsprong geneem tydens die tweede skof in Peru.
Peterhansel, wat die Dakar 10 keer in 21 jaar gewen het, het die skof van 240 km in twee en ‘n half uur voltooi.
Die Fransman het ses keer as motorfietsjaer die tydren gewen, voordat hy met 'n motor begin jaag het.
“Ons was vinnig en ons het die potensiaal om nog vinniger te gaan, maar dit was meestal Jean-Paul (Cottret, Peterhansel se navigeerder) wat die dag vir ons gered het, niks anders nie,” het die Mini-bestuurder gesê.
Giniel de Villiers van Suid-Afrika, wat die tydren vier jaar gelede gewen het, was tweede in sy Toyota, net twee minute en 38 sekondes agter Peterhansel.
– Volg Nuus24Sport op Twitter.
- Sapa - AP