Gholfspeler jammer oor verhouding
2010-06-04 23:09
Newport - Colin Montgomerie, kaptein van die Europese Ryderbeker-span, het Vrydag gesê dat hy “jammer is oor die pyn wat hy veroorsaak het” nadat ‘n koerant berig het dat hy ‘n verhouding gehad het.
Die Daily Mirror het Vrydag berig dat die 47-jarige Skot sy vrou, Gaynor, verneuk het met ‘n voormalige buurvrou, Joanne Baldwin.
Volgens die koerant het Montgomerie die verhouding geëindig en probeer hy nou om sy huwelik te red.
Montgomerie het ‘n persverklaring uitgereik waarin hy gesê het dat sy “huwelik onder geweldige druk is” en dat hy en sy vrou “aan hulle probleme werk”.
“Ek is jammer vir al die pyn wat ek veroorsaak het teenoor die mense vir wie ek baie lief is.”
Montgomerie en sy eerste vrou, Eimear Wilson, het in 2004 van mekaar geskei nadat hulle vir 13 jaar getroud was.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP