Gholfspeler geskors oor dwelms

2009-11-04 10:04
Tweets Share Share line Print

Sjanghai – Tiger Woods het Woensdag gesê dat dit jammer is dat die Amerikaanse PGA-speler, Doug Barron, positief vir dwelms getoets het, maar hy is ten gunste van die beleid wat teen dwelms in die sport is.

Barron is Maandag deur die Amerikaanse PGA Toer vir ‘n jaar geskors nadat gholf se trotse reputasie as ‘n sport vry van dwelms deur die modder gesleep is.

Dit was die sport se eerste skorsing as gevolg van dwelmgebruik.

Die PGA, wat verlede Julie ‘n beleid teen dwelms aangeneem het, het die skorsing onmiddellik van toepassing gemaak sonder verdere opmerkings.

“Ek het eers vandag daarvan gehoor,” het Woods, wat in Sjanghai is vir die WGC-HSBC-kampioenskappe, gesê.

“Dit is jammer, maar dit is ook een van die redes hoekom ons die beleid het, om seker te maak dat niemand iets doen wat onvanpas vir die sport is nie. Dit is fantasties dat ons die beleid in plek het.”

Daar is nie bekendgemaak wat die middel was wat Barron gebruik het nie.

“Die hele idee is om ons sport skoon te hou,” het Woods bygevoeg.

“Dit is die idee en dit is hoekom ons die beleid geskep het. Dit was nou uitgevoer en ongelukkig het een speler nie die by die beleid gehou nie.”

Die beste einde wat Barron in ‘n PGA-toernooi behaal het was ‘n derde plek in die 2005 Byron Nelson Kampioenskap.

“Ek wil verskoning vra vir enige negatiewe siening van die toer of sy spelers as gevolg van my skorsing,” het Barron in ‘n verklaring wat deur die PGA uitgereik is gesê.

“Ek wil hê my mede-toerlede en aanhangers moet weet dat ek nie probeer het om ‘n onregverdige voordeel te kry of om my spel te verbeter terwyl ek op die toer is nie.”

- Sapa-AFP

 

Lees meer oor: dwelms  |  gholf

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Yaris 1.3 T3 5-dr
2006
R 109,995.00

AUDI

A4 1.8T MY05
2005
R 215,900.00

CHEVROLET

Optra 1.6 LS
2007
R 108,000.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.