Getuie in opkikkersaak woedend vir Armstrong
2013-01-18 15:08
Video - Lance Armstrong-onderhoud
Kyk hier hoe die fietsryer Lance Armstrong erken dat hy opkikkers in al sewe sy Tour de France-oorwinnings gebruik het.
KYK
Parys – Betsy Andreu, die vrou van 'n oud-spanmaat van Lance Armstrong, sê hy het sy kans op vergifnis in Donderdag se onderhoud met Oprah Winfrey verbeur.
Andreu, wie se man, Frankie, saam met Armstrong in dieselfde span gejaag het, het in Usada (Amerika se agentskap teen verbode middels) se opkikkersaak getuig, wat eindelik tot die Amerikaner se val gelei het.
Sy het getuig dat sy teenwoordig was toe die 41-jarige tydens sy kankerbehandeling in 'n hospitaalkamer aan dokters erken het dat hy opkikkers gebruik.
Armstrong het nog altyd ontken dat die hospitaal-voorval plaasgevind het en het geweier om 'n reguit antwoord te gee toe hy deur Winfrey daaroor uitgevra is.
"Hy kon bieg, hy skuld dit aan die sport wat hy verwoes het," het Andreu gesê.
"Die hospitaal is waar dit alles begin het. As hy vergifnis gesoek het, moes hy gebieg het."
"Ek was bereid om hom 'n kans te gee en dit is hoe hy dit doen?," het 'n emosionele Andreu Vrydag aan CNN gesê.
"Lance kan homself bevry, maar slegs as hy voor Usada getuig, want daar is geen manier dat hy die grootste bedrog in die geskiedenis van die sport op sy eie gepleeg het nie," het sy bygevoeg.
Armstrong het erken dat hy Andreu aangeval het nadat sy met haar getuienis na vore gekom het en aan Winfrey gesê dat hy haar "mal" en 'n "koei" genoem het, maar het glimlaggend bygevoeg dat hy haar nooit "vet" genoem het nie.
"Hierdie deel van die onderhoud het my woedend gelaat," het Andreu gesê
Armstrong het Donderdag eindelik erken dat hy opkikkers gebruik het om al sewe sy Tour de France-titels te wen.
Lees verder.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– CNN