George beklink vierde Giro-titel met blitsklim

2010-03-13 13:30
Tweets Share Share line Print

Eunice Visagie

Kaapstad - David George moes Vrydag sy eie rekord in die Giro del Capo-tydtoets oortref om ’n algehele sege in dié vierdaagse padfietstoer te verseker.

George (safindit.co.za) het die 5,5 km-lange heuwelklim van Hoërskool Kampsbaai tot die bopunt van Seinheuwel in 11 minute en 47 sekondes afgeblits. Dit is die eerste keer dat ’n jaer dié klim in minder as 12 minute voltooi het.

Vrydag was dit George én Kevin Evans (11:57) wat deur die 12 minute-kerf gebreek het. Met dié vertoning het Evans (MTN-Energade) algeheel tweede geëindig.

Burry Stander (Specialized) het die dag as algehele voorloper begin. Hy het sy als gegee in die tydtoets, maar George en Evans het ander planne gehad. Stander het derde in die skof én algeheel geëindig. Hy was net ’n enkele sekonde agter Evans algeheel.

George, wat alombekend staan as die koning van Seinheuwel, het Evans met 11 sekondes geklop. Sy tyd oor die 425 km was 10 uur, 32 minute en 26 sekondes.

“Vandag was spesiaal vir my. Elkeen van my Giro-seges is besonders, maar dié een staan vir my uit omdat ek solank moes wag om weer te wen,” het George gesê.

Sy ander seges het in 2002, 2003 en 2004 gekom.

Die teleurstelling was groot vir Stander, maar hy bly positief met die oog op die Cape Epic, ’n uitmergelende agtdaagse bergfietstoer wat aanstaande Sondag begin.

Evans was self teleurgesteld, maar het die positiewe kant van sy vertoning gesien.

“ ’n Tweede plek is natuurlik nie die mees bevredigende uitslag nie, maar ek het nog nooit voorheen eers in die top-10 van die Giro geëindig nie, so om tweede te eindig is heel goed.

“Ek is daarmee saam ook die bobaas van die berge én net die tweede jaer ooit om onder 12 minute hierdie klim te doen, so ek het eintlik genoeg rede om fees te vier,” het Evans gesê.

Malcolm Lange (Medscheme) het die puntekompetisie gewen en Medscheme het ook in die Giro se spankompetisie geseëvier.

- Sport24

 

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: fietsry

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.