Geldtwis kan atlete laat struikel

2011-06-28 09:00
Tweets Share Share line Print

Pretoria – So min as ses Suid-Afrikaanse atlete kan in Augustus aan die Wêreld-atletiekbyeenkoms in Daegu, Suid-Korea, deelneem.

Toe Sport24 Maandag navraag doen oor hoekom so min atlete straks gaan deelneem, het dit geblyk dat die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Saskok) en Atletiek Suid-Afrika (ASA) in ’n geldtwis gewikkel is.

James Evans, waarnemende voorsitter van ASA, draai geen doekies om nie oor die verknorsing waarin ASA hom bevind.

“Daar is nie geld om ’n span na die Wêreld-atletiekbyeenkoms te stuur nie en Saskok weier om ons te help om geld van die Nasionale Lotery te bekom. Die kans is baie skraal dat enige atleet in Korea in aksie sal wees.”

Evans het gesê die Nasionale Lotery wil niks van hulle af weet nie. “En dit is Saskok se skuld. Terwyl Saskok se Ray Mali as ASA se voorsitter waargeneem en Richard Stander die kantoorhoof was, is amper R2 miljoen aan ASA uitbetaal.

“Daar is geen bewyse van hoe die geld aangewend is nie. Die Nasionale Lotery dring met reg daarop aan om te weet hoe die geld gebruik is en ons het nie antwoorde nie. Daarom is daar geen kans dat ons weer geld van hulle sal kry nie.”

Volgens Evans het Mali en Stander nog minder dokumente agtergelaat as wat Leonard Chuene en Malehopo Molatelo, die geskorste voorsitter en die geskorste uitvoerende hoof, gedoen het.

Toe Tubby Reddy, uitvoerende hoof van Saskok, gevra is wat die probleem is, het hy gesê Evans en sy raad moet ’n slag ophou kla en nie verwag dat Sas­kok hul werk vir hulle moet doen nie.

Volgens Reddy is dit nie Saskok se plig om ’n atletiekspan na die Wêreldbyeenkoms te stuur nie. “Saskok stuur net spanne na Speles.”

Reddy het wel gesê dat Saskok seker sal maak dat die atlete wat deel uitmaak van sy projek vir uitnemendheid en wat die kwalifiserende A-vereiste oortref het, op die Wêreldbyeenkoms in aksie sal wees.

Dit beteken dat net LJ van Zyl en Cornel Fredericks (albei 400-hekkies), Caster Semenya (800 m) en Sunette Viljoen (spiesgooi) seker is van hul deelname.

Mbulaeni Mulaudzi het as wêreldkampioen in die 800 m outomaties gekwalifiseer.

Robert Oosthuizen (spiesgooi) het die A-vereiste oortref, maar is nie deel van die projek vir uitnemendheid nie.

Khotso Mokoena (verspring) is nog deur Saskok “geswartlys” omdat hy nie aan verlede jaar se Statebondspele deelgeneem het nie en kry daarom nie ’n sent van hulle nie.

Mokoena het Maandag gesê hy en Sas­kok vergader Dinsdag weer.

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lees meer oor: saskok  |  statebondspele  |  atletiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.