Geldskok vir sporthengelaars

2010-02-06 07:34
Tweets Share Share line Print

Marelize Barnard

Kaapstad - Sporthengelaars is woedend oor die regering se aankondiging in die Staatskoerant van ’n ongekende verhoging van tot meer as 500% wat hengel- en kreefpermitte onbekostigbaar maak.

Nou dreig hengelaars om net eenvoudig nie meer permitte te gaan uitneem nie wanneer die nuwe tariewe op 1 Mei in werking tree.

Die departement van mariene en kusbestuur het gister bevestig hy het dié verhogings in permitfooie in die Staatskoerant van 29 Januarie aangekondig sodat hy meer geld kan kry uit die honderdduisende hengelaars wat hengel as stokperdjie beoefen. Die geld is nodig juis om die kusgebied te patrolleer en bewaring toe te pas, het Zolile Nqayi, woordvoerder van mariene en kusbestuur, gesê.

Ontstoke hengelaars het intussen begin met petisies teen die verhoogde tariewe en dit gons op hengelklubs se webwerwe oor die “gekheid”.

Dave Goldberg, voorsitter van die Suid-Afrikaanse See-hengelvereniging, het gesê dit is ’n baie sensitiewe kwessie. Daar gaan met regeringsamptenare hieroor vergader word.

Op sy beurt het Nqayi gesê daar word jaarliks sowat 300?000 sporthengelpermitte uitgeneem. Daar kan nie gewaarborg word dat dié syfer dieselfde sal bly nie, so Nqayi wou nie sê hoeveel meer geld daar uit die verhoogde permitte verkry sal word nie. Teen ’n minimum van R500 (wat ’n aansoek en permitte vir die uithaal van aas en ’n hengelpermit insluit) is dit ’n inkomste van R150?miljoen.

“Sporthengelaars het tot nou nie hul deel bygedra nie, daarom word dié sektor se permitfooie só verhoog. Die verhogings geld nie vir bestaansvissers nie,” het Nqayi gesê.

“Dis absoluut belaglik. Ons moet ons permitte jaarliks hernu?.?.?.?hoe verwag hulle moet die gemiddelde hengelaar dit bekostig?” het mev. Sarie Van der Mescht, ‘n lid van die Rod Club in Swartkops buite Port Elizabeth, aan Richard Roberts gesê. Sy het gesê hengelklubs sal bymekaar moet kom en petisies opstel teen die voorgestelde verhoging.

Behalwe die permit, moet hengelaars ook nog bykomstighede koop wat met die sport gepaard gaan, wat ook die sport geldelik kan belemmer.

“En dan is daar ook nog boot-eienaars wat hul lisensies moet betaal en nog hulle bote in stand ook hou?.?.?.?hoeveel geld sal hulle nie jaarliks moet betaal nie?”

Mnr. Allan van Vuuren, voorsitter van die OP-hengelklub, het gesê daar “sal definitief beswaar wees van ons kant af”.
Hy het gesê hy is verstom dat die departement so iets op die tafel sal lê aangesien dit sal beteken dat baie mense nie vir die permitte aansoek sal doen nie.

“Dan moet daar ook nog in ag geneem word dat ons vir ons lisensies vir ons bote sal moet betaal en geld vir brandstof moet hê, buiten die permit se geld.

“Waarom word ons so gemelk? Daar is baie mense (in die klub) wat onlangs hulle werk verloor het...daardie mense sal definitief nie so baie geld kan opdok nie,” het Van Vuuren bygevoeg.

’n Geregistreerde sporthengelaar van die Wes-Kaapse Kushengelvereniging voer aan daar word al die afgelope ses jaar aan mariene en kusbestuur gevra om ’n verteenwoordiger van sy tesourie te stuur om rekenskap te gee van permitgelde wat ingevorder is.

Sporthengelaars het tot nou geen antwoord gekry op dié versoek nie.“Dit word beslis nie gebruik om hengelgeriewe aan die kus te verbeter nie,” het hy gesê.

Lede van die Overberg-hengelklub kla op hul webblad dat wetsgehoorsame hengelaars gestraf word met duurder permitte. Hengelaars beoog nou om sonder permitte “maar die kans te vat”.

– Die Burger

 

Lees meer oor: hengel  |  visvang

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.