Geen kompetisie vir Semenya in 800 m
2011-04-10 14:29
Durban - Die wêreldkampioen Caster Semenya het die nasionale 800 m-titel ingepalm op die tweede dag van die Suid-Afrikaanse atletiekkampioenskap in Durban.
Semenya het die voortou geneem in die eerste rondte, wat sy in 61 sekondes voltooi het. Nie eens die verdedigende kampioen, Mapaseka Makhanya, kon byhou nie, en Semenya het die wenstreep oorgesteek in 'n nie-amptelike tyd van 2:02.10.
Semenya sal later in die dag ook aan die 1500 m-wedloop deelneem.
- Volg Nuus24Sport op Twitter.
- SAPA