Geen keer aan Duitse-fietsjaer
2010-01-23 10:10
Adelaide, Australië - Selfs ‘n gewaagde aanval deur Lance Armstrong kon nie Andre Greipel se wurggreep op vanjaar se Tour Down Under-fietstoer laat verslap nie.
Dié fietsjaer van die span, HTC-Colombia, het in die vierde skof van 150 km in winderige toestande geseëvier.
Greipel het voor die twee Australiërs, Robbie McEwan en Graeme Brown geëindig om sy derde skof in dié fietstoer te wen.
“Dit was die hardste wat ek kon ry,” het Armstrong, wat uiteindelik saam met die peleton oor die wenstreep gery het, gesê.
Greipel het nou ‘n algehele voorsprong van 20 sekondes oor Robbie McEwen wat hom tans in die tweede posisie bevind.
Armstrong is 29ste en die Suid-Afrikaner Robbie Hunter is in die negende plek.
Die Tour Down Under-fietstoer maak Sondag in Adelaide klaar.
Kliek hier vir meer volledige resultate.