Geel trui van wyle Pantani gesteel
2010-11-12 11:55
Milaan - Die geel trui wat deur wyle Marco Pantani tydens die Tour de France in 1998 gedra is, is tydens 'n uitstalling in Milaan gesteel, het die plaaslike media Donderdag berig.
Die Italiaanse fietsry museum in Madonna de Ghisallo, wat Pantani se geel trui aan 'n nabygeleë fiets- en motorfiets-skou geleen het, het versoek dat dit dadelik terug besorg word.
Pantani, die laaste fietsryer wat die Giro d'Italia én Tour de France in dieselfde jaar kon wen, is in Februarie 2004 op die ouderdom van 34 jaar weens 'n oordosis dwelms dood.
Hy is "Die Seerower" genoem weens die vurige manier waarop hy kompeteer het en oor sy kleurvolle bandanas. En was een van Italië se gewildste sportsterre.
Maar sy loopbaan was deur opkikker-skandale oorskadu.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Reuters