Gebrselassie wil nog hardloop
2010-11-11 11:31
Parys - Ethiopië se langafstand-legende Haile Gebrselassie het aangedui dat hy sy besluit om atletiek vaarwel te roep, gaan heroorweeg.
Die 37-jarige Ethiopiër het Sondag sy uittrede aangekondig nadat hy uit die New York-marathon weens 'n kniebesering moes onttrek.
Gebrselassie, wat verskeie sake-ondernemings in Ethiopië bestuur, het gesê daar is ander dinge waarop hy hom nou wil toespits. Maar Woensdag het op sy Twitter-profiel getweet dat hy dalk van plan mag verander.
"Ek is ongelooflik passievol oor hardloop en sal altyd wees. Gee my kans dat ek bietjie gaan dink," het hy getweet.
Die wêreldrekordhouer in die marathon het gesê hy sal graag nog aan die 2012 Olimpiese Spele in Londen wil deelneem.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- Sport24