Fourie bespreek Istanboel-plek

2012-01-16 09:19
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Lehann Fourie het vir die Binnenshuise Wêreld-atletiekbyeenkoms gekwalifiseer toe hy die 60-hekkies die naweek in Alabama in 7.72 s gewen het.

Dit is sover die naasvinnigste tyd. Net Dexter Faulk (VSA) 7.64 s het al vinniger genael.

Fourie het sy uitdun in 7.82 s gewen.

Dié naweek gaan hy in Virginia deelneem. Daarna sal hy op 4 Februarie in Boston en 11 Februarie in New York in aksie wees.

Fourie het twee jaar gelede sy beste tyd, van 7.67 s, in die kort hekkies gehardloop.

“Ek het verlede jaar glad nie binnenshuis deelgeneem nie omdat ek in Suid-Afrika was.

“Eintlik was dit glad nie ’n goeie jaar vir my nie. Ek het in elkeen van my wedlope gesukkel.

“Ek het besluit om weer binnenshuis deel te neem omdat dit my help om my wegspring en tegniek oor die eerste paar hekkies onder die knie te kry.”

Fourie word vanjaar deur Sylvanues Hepburn in Columbia, Suid-Carolina, afgerig.

“Hy fokus baie op my tegniek en spoed. Ek oefen ook baie harder in die gimnasium as voorheen.”

Sy groot doelwit is om Suid-Afrika op die Olimpiese Spele in Londen te verteenwoordig.

Dit is ’n haalbare doelwit. Twee jaar gelede het hy die 110-hekkies in 13.44 s afgenael.

Dit is 0.08 sekondes vinniger as die kwalifiserende A-vereiste, 13.52 s.

Fourie is nog nie seker of hy in Maart aan een of twee van die Geelbladsye-byeenkomste gaan deelneem nie.

“In ’n Olimpiese jaar doen ’n mens maar alles in jou vermoë om die span te haal.

“Ek het nog geen finale besluit geneem nie. Ek is nie seker hoe die byeenkomste by my oefenprogram gaan inpas nie.

“Ek is net bang as ek glad nie in Suid-Afrika deelneem nie dat ek die gevaar kan loop om nie gekies te word nie.”

Volgens Fourie is die liesbesering wat hom verlede jaar gekelder het iets van die verlede.

“My grootste uitdaging is om my tegniek so vloeiend moontlik te kry want dan sal ek beseringvry bly.”

Die Binnenshuise Wêreldbyeenkoms is van 9 tot 11 Maart in Istanboel, Turkye.

– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

Sport24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.