Fietsryers trotseer hitte, berge

2011-12-05 09:01
Tweets Share Share line Print

Stellenbosch. – Speke het gesing en kettings het gekraak toe duisende fietsryers Sondagoggend die hitte trotseer en teen die heuwels en dale van die Boland uit getrap het.

Die Burger-fietstoer het vroegoggend by die Hoërskool Stellenbosch begin en altesame 6 600 fietsryers het van heinde en verre gekom om aan die uitdagende 92km-roete of die korter 44km-roete deel te neem.

Die kwik het volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens Sondag tot 39°C in die gebied gestyg.

Fietse het ná die wedren op die Hoërskool Stellenbosch se sportveld gesaai gelê soos fietsryers inderhaas na skadukolle verkas het.

Dáár, uit die pad van die skroeiende son, het hulle gerus en oor die wedren gesels onderwyl hulle iets koel gedrink het.

Deelnemers van albei roetes het teen die Ou Helshoogtepas uitgery, waarna die roetes geskei het.

Die langer roete het tot digby Wellington gestrek en die korter roete verby Simondium.

Stewart Banner, Robert Fish en Gordon Bothma – almal 78 – was die oudste deelnemers, terwyl Jamie Penfold (10) die jongste deelnemer was.

Die voormalige Cope-leier,  Mosiuoa Lekota, het ook in die 92km-wedren getrap.

Herman Fouche van die Cape Market-span het eerste geëindig, met Jaco Venter en Charles Solomon tweede en derde.

Die Sweed Jennie Stenerhag was die eerste vrou oor die wenstreep. Dit is die vyfde agtereenvolgende jaar dat sy die kompetisie wen sedert dit in 2007 begin het.

Mes. Maroesjka Matthee was tweede en Marina Wege derde.

Dr. Basil Bonner, mediese beampte vir die wedren, het gesê die dag het oor die algemeen goed verloop.

Mediclinic SA se mobiele eenheid het altesame 47 fietsryers behandel.

“Drie fietsryers is hospitaal toe – twee vir geringe kopbeserings en ’n ander een omdat hy ’n epileptiese aanval op sy fiets gekry het,” het Bonner gesê.

“Die ander fietsryers het meestal skrape en snye opgedoen en ’n paar was ontwater.”

William Petersen van die Kinetic-span was in die middel van ’n bondel fietsryers wat op ’n treinspoor neergeslaan het.

“’n Stuk of sewe van ons het geval toe die mat wat oor die spoorlyn gegooi was, opgewaai het. Ek het net skrape opgedoen, maar dit is baie teleurstellend.”

Dié deelnemers kon ongelukkig nie die wedren voltooi nie.

Lees meer oor: stellenbosch  |  fietsry

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.