Fietsryer gedagvaar oor verbode middels
2010-07-24 15:00
New York - Die voormalige Amerikaanse fietsryer Tyler Hamilton, wat Lance Armstrong se spanmaat was, is gedagvaar om voor 'n federale jurie wat die gebruik van verbode middels ondersoek, te verskyn.
Hamilton se prokureur, Chris Manderson, het gesê Hamilton sal sy volle samewerking gee.
Manderson het nie gesê of dit enigiets te doen het met Hamilton se verhouding met Armstrong nie.
Hamilton is een van talle voormalige spanmaats en personeel van Armstrong wat gekontak is sedert Floyd Landis onthul het dat Armstrong se Postal Service-span verbode middels gebruik het.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg
- AFP