Fietsry-chaos in Baai ‘verkeersowerhede se skuld’

2011-02-05 09:27
Tweets Share Share line Print

Pretoria - Die derde dag van die Suid-Afrikaanse padfietsbyeenkoms in Port Elizabeth het Vrydag chaoties begin toe Fietsry Suid-Afrika (FSA) besluit het dat ryers nie mag wegspring voordat hul veiligheid gewaarborg kan word nie.

Dit het daartoe gelei dat die wedrenne eers twee uur later begin het.

Van die fietsryers was woedend daaroor en het dadelik die bestuur van FSA van onbevoegdheid beskuldig.

Een van die redes vir die jaers se woede was omdat sommiges enkele ure ná hul deelname terug huis toe wou vlieg. Die laat wegspring het beteken dat hulle inderhaas ander reisreëlings moes tref.

Hendrik Lemmer, FSA se direkteur van padfietsry, sê hy het begrip vir die fietsryers se woede. “Maar ek wil dit duidelik maak dat die veiligheid van fietsryers nie onderhandelbaar is nie. Daar is geen wyse waarop ons ryers aan renne sal laat deelneem as ons weet daar is ’n goeie kans dat een van hulle doodgery kan word nie.”

Lemmer verkwalik Port Elizabeth se verkeersowerhede vir die chaos.

“Ons het voor die padbyeenkoms talle vergaderings met die verkeersowerhede gehad waar ons presies vir hulle verduidelik het wat ons van hulle verwag.

“Hulle het daartoe ingestem, maar Donderdag in die junior meisies se padren het ons besef dit waarop ons ooreengekom het, gaan nie gebeur nie.

“Daar was motors op die paaie waar daar ’n verbod op voertuie sou geld.

“Van die motoriste was ook erg moedswillig en het versperrings verwyder.

“Ander het weer die verkeersbeamptes se opdragte verontagsaam.

“Dit is lewensgevaarlik as fietsryers teen 40 km/h per uur op ’n pad jaag waar daar vir hulle gesê is daar sal geen verkeer wees nie.

“Ons het vanoggend vroeg op dié roete gery en besef dit is steeds te gevaarlik.

“Ons moes toe die roete verkort sodat die jaers net op paaie sou ry waar ons hul veiligheid kon waarborg,” het Lemmer gesê. 

Lees meer oor: fietsry

Lewer kommentaar op hierdie artikel
4 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.