Ferrari-baas kap terug

2010-07-27 14:24
Tweets Share Share line Print

Hockenheim - Ferrari se president Luca di Montezemolo het Fernando Alonso se omstrede oorwinning Sondag by die Duitse Grand Prix in Hockenheim verdedig.

Alonso het eerste oor die wenstreep gejaag met sy spanmaat Felipe Massa wat in die tweede plek geëindig het.

Ferrari het ‘n boete van $100 000 (sowat R750 000) ontvang nadat motorsport se internasionale beheerliggaam (FIA) bevind het dat Massa  opsetlik stadiger gery het sodat Alonso hom kan verbysteek.

Behalwe vir die boete, staar Ferrari moontlik 'n groter straf in die gesig nadat die FIA besluit het om die voorval verder te ondersoek.

Di Montezemolo het hom vererg vir die hewige kritiek wat dié voorval ontlok het en die span se opponente van skynheiligheid beskuldig.

Hy het gesê spanbevele was nog altyd deel van Formule Een.

“Sulke goed gebeur al sedert Nuvolari (Ferrari-renjaer in die 1930’s) se jare. Ek het dit self ervaar in die dae van Niki Lauda," het die Ferrari-baas gesê.

“Hou asseblief op om skynheilig te wees, selfs al kan ek glo dat sommige mense sou wou sien hoe Ferrari se twee renjaers mekaar met ‘n ongeluk uithaal,” het Montezemolo gesê.

“By Ferrari is dit die span wat eerste kom, nie die renjaer nie,” het hy bygevoeg.

Daar was gemengde reaksie oor dié voorval met die huidige wêreldkampioen Jenson Button (McLaren) wat gesê het spanbevele is “verkeerd al is dit soms onvoorkombaar.”

Die sewemalige Formule Een-kampioen, Michael Schumacher, het sy gewese spanmaat (Massa) verdedig. “Dit gaan nie oor ‘n Sondagmiddag-rit nie, maar oor punte vir die titel,” het Schumacher gesê.

Die Red Bull-renjaer, Sebastian Vettel, wat die Duitse Grand Prix in die derde plek klaargemaak het, het die voorval as teleurstellend vir toeskouers beskryf.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.




 

- Sapa-DPA

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: fernando alonso  |  motorsport  |  formule 1  |  f1

Lewer kommentaar op hierdie artikel
11 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Sportkommentaar

erikdemilander sê... Kom Bulle - Kies Chilliboy!! Maak Stormers se pad soveel makliker. Ons kan alreeds op 5 lynstane reken wat ons gaan kry per wedstryd. Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 18-25°C Sunny. Mild. Pta: 18-28°C A few tstorms. Mostly cloudy. Mild.
Jhb: 17-26°C Scattered showers. Mostly cloudy. Mild. Bfn: 21-30°C Thunderstorms. Mostly cloudy. Pleasantly warm.
Dbn: 22-29°C Showers late. More clouds than sun. Warm. PE: 19-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

TOYOTA

Corolla Verso 180 TX MPV MY05
2004
R 129,990.00

TOYOTA

Hilux 3.0 D-4D Raider RB D-Cab Dsl PU MY09 AT
2010
R 329,000.00

MINI

Cooper Clubman 1.6 5-dr MY08 AT
2011
R 224,900.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Magical Massinga

Spend 5 nights at Mozambique's magical Massinga Beach Lodge. From 10 299 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book Now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Die liefde blom

Ons het ’n verskeidenheid rose beskikbaar vir daardie spesiale persoon op Valentynsdag. Bestel voor 10 Februarie om seker te maak dit word op 14 Februarie afgelewer. Koop dit nou.

Perfekte paar-Valentynsdag-aanbod

Koop ’n klassieke skeerkwasstel vir ’n man vir R279 & kry 15% afslag op ’n keuse van reukwaters. Koop dit nou.

gobii eReader-Valentynsdag-aanbod

Kry die gobii eReader + gratis R160-eboek-koopbewys vir net R899. Koop dit nou.

Twilight

The Twilight Saga - Breaking Dawn deel 1 is vanaf 13 Februarie te kry. Beskikbaar op DVD & blu-ray. Bestel nou vooraf.

gobii eReader nou beskikbaar

Koop die gobii eReader en gobii-omhulsel vir iemand spesiaal vir Valentynsdag. Gratis aflewering binne 24-uur. Koop dit nou.

Egreat R6B Full HD Media Player

Aanbod van die week

Kry die Egreat-mediaspeler vir slegs R499.95 plus 24 uur-aflewering. Terwyl voorraad hou. Koop dit nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.