Federer uit topdrie
2011-10-17 13:19
Shanghai – Vir die eerste keer in agt jaar is die voormalige nr. 1-tennisspeler Roger Federer nie onder die top drie op die wêreldranglys nie.
Andy Murray se oorwinning Sondag oor David Ferrer (7-5, 6-4) in die eindstryd van die Shanghai Meesterstoernooi, het hom genoeg punte besorg om die Switser verby te steek.
So lyk die ATP se jongste ranglys uitgereik op 17 Oktober 2011. (vorige posisie tussen hakkies)
1. (1) Novak Djokovic, Serwië, 13 860 punte
2. (2) Rafael Nadal, Spanje, 10 375
3. (4) Andy Murray, Brittanje, 7 825
4. (3) Roger Federer, Switserland, 7 780
5. (5) David Ferrer, Spanje, 4 710
6. (6) Robin Soderling, Swede, 3 500
7. (7) Tomas Berdych, Tsjeggiese Republiek, 3 230
8. (9) Mardy Fish, Amerika, 2 965
9. (8) Jo-Wilfried Tsonga, Frankryk, 2 880
10. (10) Gael Monfils, Frankryk, 2 525
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
– Sport24