Federer uit Wimbledon
2010-06-30 17:54
Londen – Die sesmalige kampioen en top-tennisspeler, Roger Federer, het Woensdag 6-4, 3-6, 6-1, 6-4 verloor teen die Tsjeggiese tennisster Tomas Berdych in die Wimbledon-kwarteindronde.
Dít het tot gevolg dat Federer vir die eerste keer sedert 2002 nie in die eindronde sal speel nie.
Federer het die toernooi ietwat wankelrig begin, maar gou weer spoed opgetel om deur te dring tot die kwarteindronde. Berdych het hom egter ore aangesit in Woensdag se wedstryd.
Lees meer hier.
Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.
- SAPA