Federer tuimel voor Sweed

2010-06-02 09:01
Tweets Share Share line Print

Parys. – Robin Soderling van Swede het Dinsdag hier een van die grootse skokke in vanjaar se Franse Ope-tennistoernooi gelewer toe hy Roger Federer, eerste gekeur, met 3-6, 6-3, 7-5, 6-4 in die kwarteindronde van die mans-enkelspel uitgeskakel het.

Soderling, vyfde gekeur, het die Spanjaard Rafel Nadal in verlede jaar se toernooi uitgeskakel.

Hy kom nou teen Tomas Berdych van die Tsjeggiese Republiek te staan wat die Rus Mikhail Youzhny met 6-3, 6-1, 6-2 uitgeskakel het.

Dit was Soderling se eerste oorwinning in 12 probeerslae oor Federer en ook die eerste keer in ses jaar dat Federer nie die halfeindronde kon haal nie.

Hy het in 2004 in die derde ronde teen Gustavo Kuerten verloor.

“Ek het vandag baie goed gespeel en ek glo nie dit kan beter as dit nie,” het Soderling gesê.

Die wedstryd is weens reën onderbreek, maar dit het geen invloed op die 25-jarige Sweed se puik vertoning gehad nie.

Hy het drie meer wenners as die kampioen geslaan en sy algemene spel en afslane was in die kol.

In die vroue-afdeling het die onbesonge 29-jarige Francesca Schiavone ook verras toe sy die eerste Italiaanse vrou in die moderne era geword het wat die halfeindronde van ’n Grand Slam-tennistoernooi kon haal.

Die 17de gekeurde Schiavone het die 19-jarige Caroline Wozniacki van Denemarke, derde gekeur, met 6-2, 6-3 in die kwarteindronde geklop.

Sy kom nou teen die vyfde gekeurde Rus, Elena Dementieva, te staan wat haar landgenoot Nadia Petrova met 2-6, 6-2, 6-0 uitgeskakel het.

Die stryd tussen die twee Russe was deurspek met foute. Albei spelers het gesukkel met beenbeserings en dit was nie ’n kragmeting wat lank onthou sal word nie. “Ek kon nie behoorlik beweeg nie en was nie in staat om agter balle aan te hardloop nie,” het Petrova gesê.

“Ek wou die handdoek ingooi nadat ek my afslaan vroeg in die derde stel verloor het, maar dit is moeilik om sommer net so op te gee. Ek hou daarvan om enduit te speel, al is ek nie ’n honderd persent (reg) nie,” het Petrova gesê.

Schiavone sê haar taktiek om aggressief te speel en die Deen onder druk te plaas, het goed gewerk.

“Ek doen hierdie werk al my lewe lank. Dit is ’n baie spesiale emosie om die halfeindronde te haal as jy elke oggend en elke middag hard werk,” sê die Italianer.

“Sy (Schiavone) sit baie tol op die bal en speel nie tipiese vroue-tennis nie,” het Wozniacki erken.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C programmer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R30000

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.