Federer geskok oor Agassi-onthullings
2009-10-30 15:28
Zurich – Andre Agassi se onthullings oor sy gebruik van metamfetamien (ook bekend tik of 'meth') in sy outobiografie hierdie maand, het vir Roger Federer geskok.
Federer het glo aan die media gesê dat Agassi se onthullings in sy boek getiteld, Open, hom onverwags getref het.
“Ek was geskok toe ek dit nuus hoor. Ek hoop nie weer daar is soortgelyke voorvalle in die toekoms nie. Hierdie sport moet skoon bly.”
Volgens Federer het Agassi baie vir die sport van tennis gedoen en ‘n verskil in vele mense se lewens gemaak.
In Agassi se boek beskryf hy sy dwelmmisbruik, sy temperamentele huwelik met die aktrise Brooke Shields en die liefde wat hy met sy huidige vrou en tennisster Steffi Graf deel.
–Sapa, AFP