Federer blameer beserings

2010-06-30 21:42
Tweets Share Share line Print

Londen – Roger Federer het gesê ‘n besering aan sy rug en regterbeen het ‘n sleutelrol gespeel in die feit dat hy in die Wimbledon-kwarteindronde uitgeval het.

Dít kom nadat die Tsjeggiese tennisster, Tomas Berdych, hom Woensdag 6-4, 3-6, 6-1, 6-4 geklop het.

Federer sal nou vir die eerste keer sedert 2002 nie te siene wees in Wimbledon se eindstryd nie.

Volgens Federer is hierdie nederlaag te danke aan die feit dat hy sukkel met twee beserings wat net nie wil beter word nie.

“Ek sukkel bietjie met my rug en my been,” het hy gesê.

“Hierdie beserings laat my nie toe om te speel soos ek wil speel nie. Dit is baie frustrerend om die minste te sê.

“Die beenbesering kom sedert die eindronde van Halle en die rugpyn het sowat vyf of ses dae gelede begin. As jy in pyn is voel jy net nie gemaklik nie. Mens kan nie konsentreer op die spel nie,” het hy bygevoeg.

“Onder die omstandighede voel ek tog dat ek ‘n ordentlike ronde gehad het. Maar dit is net eenvoudig nie goed vir mens om te speel as jy so sleg voel nie. Nou gaan ek darem kans kry om bietjie te rus.”

Federer het agt uit die vorige 10 kragmetings teen Berdych gewen maar kon Woensdag net nie daarin slaag om sy opponent te klop nie.

Volgens Berdych moet Federer egter nie sy beserings blameer vir die feit dat hy verloor het nie.

 “Ek weet nie of hy net vir ‘n verskoning gesoek het nie. Dit gebeur met almal van ons. Ek dink hy was nog elke slag 100% gereed om te speel. Dit is sy eie opinie. Hy het duidelik ‘n rede nodig en dit is wat hy gesê het,” het Berdych gesê.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- SAPA

Lees meer oor: roger federer  |  tennis  |  wimbledon  |  sport

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.