F1-ster verwelkom terugkeer na Kanada

2010-06-10 09:35
Tweets Share Share line Print

Montreal. – ’n Rapsie meer as twee jaar nadat Roberta Kubica sy deurbraak met ’n oorwinning in die Kanadese Grand Prix gemaak het, is Formule Een terug op die Circuit Gilles Villeneuve.

“Die terugkeer van Formule Een na Noord-Amerika is ’n positiewe stap vir die sport,” het Martin Whitmarsh, spanbaas van McLaren, gesê.

Dié ren was van 1978 tot 2008 op die kalender totdat dit verlede jaar geskrap is nadat Bernie Ecclestone, F1 se president, nie tot ’n vergelyk met die organiseerders kon kom nie.

Laat verlede jaar is dié wedren, danksy ’n geld-inspuiting van meer as $70 miljoen, tot in 2014 gered. Die Kanadese regering en Montreal se toerismeraad gee elk $24 miljoen, Quebec gee $19 miljoen en die munisipale regering byna $5 miljoen.

“Daar is altyd ’n fantastiese atmosfeer in die naweek wanneer dit gejaag word,” het Whitmarsh gesê. “Die baan is vinnig en onverdraagsaam – die regte resep vir ’n opwindende, onvoorspelbare en mededingende wedren.”

Die baan het lang reguit dele, stadige skerp draaie en kronkels en sal die renmotors se remme veral in die eerste deel van die wedren – wanneer die petroltenke nog swaar is – toets.

“Dit is fantasties om ná ’n jaar terug te wees in Montreal,” het die wêreldkampioen, Jenson Button, gesê.

“Dis nie ’n plek waar jy ’n fout moet maak nie, want daar is betonmure naby die baan.”

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

- Sapa - AP

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lees meer oor: formule 1  |  motorsport

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.