F1-baas erken hy't bankier omgekoop
2011-11-10 15:47
Kaapstad – Die baas van Formule Een, Bernie Ecclestone, het Donderdag in 'n hof in München, Duitsland, erken dat hy miljoene euro aan 'n voormalige bankbestuurder betaal het om belastinggaarders op 'n afstand te hou.
Gerhard Gribkowksy staar aanklagte in die gesig dat hy €44 miljoen (byna R500 miljoen) van die 81-jarige Ecclestone ontvang het en dit nie aan die Duitse inkomstediens verklaar het nie.
Gribkowksy, wat sedert Januarie vanjaar in aanhouding is, was betrokke by die hantering van 'n transaksie waar 'n bank sy aandele in Formule Een aan 'n belegger verkoop het.
Ecclestone het aan die hof gesê dat hy bekommerd was dat die bankbestuurder die Britse inkomste-owerheid in kennis sou stel.
Dit sou beteken het dat Ecclestone agterstallige belasting van sowat €2 miljard (sowat R20 miljoen) sou moes betaal.
Volg Nuus24 op Twitter.
– RSG