Epic sal fietsryers opnuut beproef

2011-10-27 10:04
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Om ’n seun te wees van die man wat elke jaar die roete van die Absa Cape Epic beplan, hou beslis geen voordele in nie, al is jy ook die Suid-Afrikaanse marathon-bergfietskampioen.

Daarvan kan Kevin Evans (Nedbank 360Life) beslis getuig, want hy het gisteraand, net soos die meeste van Suid-Afrika se ander bergfietryers, die eerste keer gehoor hoe die roete vir aanstaande jaar se toer (25 Maart tot 1 April) daar gaan uitsien.

Evans se pa, Leon, het die roete, wat as een van die strafstes beskou word, uitgelê. “My pa praat amper nooit met my oor die roetes wat hy beplan nie. Hy sal hoogstens vra hoe ek daaroor sal voel om ’n sekere gedeelte te ry,” sê Kevin.

“Al wat ek weet, is dat die roete elke jaar strawwer gaan wees. Ek bly verstom hoe my pa daarin slaag om nuwe roetes te ontdek. Hy moet ongelooflike kontakte hê tussen die boere op wie se plase die Epic plaasvind.”

Volgens Evans jr. verkies hy eintlik om nie vooraf te veel oor die Epic-roetes te weet nie. “Die paar keer wat ek geweet het wat om te verwag, het dinge nog elke keer verkeerd geloop. Hoe minder ek weet, des te beter.”

Evans sr. staan in internasionale bergfietskringe as “Dr Evil” bekend, maar dit skeel hom min.

“Enigiemand wat dink aanstaande jaar se Epic gaan maklik wees, is ’n dwaas. Dit is my werk om seker te maak die jaers word fisiek tot die uiterste toe beproef. My reputasie ly daaronder as die jaers begin praat van ’n maklike Epic.

“Aanstaande jaar is daar twee dae waarop die jaers dit rustig kan vat. Die eerste is wanneer hulle registreer en die tweede is die Maandag nadat hulle klaargemaak het.”

Kevin Vermaak, die Epic se geesteskind, het sy tevredenheid uitgespreek met die roete. “Ons gaan nie doelbewus uit ons pad om die toer elke jaar strawwer te maak nie. Ons grootste uitdaging is om seker te maak dat die talle internasionale jaers en ook die plaaslike jaers wat deelneem, die kans kry om van die mooiste dele in die Wes-Kaap op hul bergfietse te ervaar.”

– Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Die Burger

Lees meer oor: absa cape epic  |  fietsry

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.