Eindstryd nié tussen Williams-susters

2010-06-30 09:33
Tweets Share Share line Print

Londen – Serena Williams is op soek na ’n vierde Wimbledon-titel en ná Dinsdag se opskuddings hier in die Wimbledon-tennistoernooi is die weg gebaan vir dié Amerikaner om haar titel suksesvol te verdedig.

Die eerste gekeurde en kam­pioen het haar kwarteindstryd teen Na Li van China met 7-5, 6-4 gewen.

Williams kom nou in môre se halfeindstryd teen Petra Kvitova te staan.

Dié ongekeurde Tsjeg het Estland se Kaia Kanepi, wat moes kwalifiseer vir die toernooi, in ’n taai stryd met 4-6, 7-6, 8-6 geklop.

Die sal die eerste keer wees dat Kvitova, wat in die vorige ronde met die derde beste speler ter wêreld, Caroline Wozniacki, afgereken het, in die halfeindronde van ’n Grand Slam-toernooi speel.

Sy is 62ste op die wêreldranglys en kon voor vanjaar se toernooi nog nooit ’n wedstryd op Wimbledon wen nie.

Williams was die enigste speler wat haar status as gunsteling gestand gedoen het.

Tsvetana Pironkova het die eerste Bulgaarse vrou geword wat die halfeindronde van ’n Grand Slam-toernooi haal toe sy die vyfmalige kampioen en tweede gekeurde, Venus Williams, uitgeskakel het.

“Dit is soos ’n droom. Ek het nie gedink ek sal só goed speel en so ver in die toernooi vorder nie,” het Pironkova, 82ste op die wêreldranglys, gesê.

“Ek dink ek het nogal goed gespeel. Ek is baie tevrede en gelukkig.

“Ek het al voorheen ’n wedstryd teen haar gewen en gedink ek kan dit dalk weer doen, so ek het daarvoor gegaan,” het die 22-jarige speler gesê wat vier jaar gelede met Venus Williams in die Australiese Ope afgereken het.

Vera Zvonareva, wat in 2008 op die Olimpiese Spele die bronsmedalje gewen het, het die agtste gekeurde Kim Cljisters uitgeskakel.

Dié Rus het die Belg met 3-6, 6-4, 6-2 geklop. Dit was die eerste keer in ses probeerslae dat Zvonareva met Clijsters afgereken het. “Ek het al gedroom daarvan om in die halfeindronde van Wimbledon te speel. Ek is baie opgewonde,” het die 21ste gekeurde gesê.

Zvonareva en Pironkova pak mekaar nou in môre se halfeindronde.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter  te volg.

- Sport24

Gee jou mening oor hierdie gesprek - lewer hieronder kommentaar

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.