Eindelik weer ’n droommyl

2011-03-11 08:05
Tweets Share Share line Print

Belville - Die eerste droommyl in Suid-Afrika in meer as vyf jaar.

Ruben Ramolefi, die Suid-Afrikaanse rekordhouer in die 3 000-hindernis, het die groot hoogtepunt op Donderdagaand se Geelbladsye-byeenkoms in Bellville gelewer toe hy die myl in minder as vier minute afgenael het.

Ramolefi se wentyd was 3:59.69. Die laaste keer dat ’n droommyl op ’n plaaslike byeenkoms gehardloop is, was in Desember 2005 in Parow.

Johan Cronjé was die atleet wat dit tóé reggekry het.

Ramolefi se vorige beste tyd in die myl was 4 minute en 3 sekondes.

Volgens Ramolefi het die myl vir hom op ’n stryd tussen sy lyf en brein afgestuur.

“My bene wou my oor die laaste paar honderd meter in die steek laat, maar my brein het geweier om bes te gee.”

Die ander groot nuus is dat Luvu Maniyonga, die junior wêreldkampioen in die verspring, Khotso Mokoena, ’n silwermedalje-wenner op die Olimpiese Spele, geklop het.

Maniyonga het 8m ver gespring en Mokoena 7.97m.

Mario Smit, Maniyonga se afrigter, het gesukkel om sy vreugde oor sy jong atleet se vertoning weg te steek.

“Luvo het onder moeilike omstandighede kopgehou.”

Mokoena sê dit was net lekker om weer ’n slag voor sy “eie mense” deel te neem.

“Natuurlik sou ek verder wou gespring het, maar ek gaan nie kla nie.

“Die goeie nuus is dat ek ’n slag weer sonder beserings kon deelneem.”

Cornel Fredericks, die Suid-Afrikaanse 400-hekkieskampioen, het seker gemaak hy kwalifiseer vir die Wêreldbyeenkoms later vanjaar in Suid-Korea toe hy in ’n tyd van 49.33s gewen het.

Justine Robbeson het die spiesgooi vir vroue met ’n afstand van 58.78m gewen.

Robbeson is waarskynlik die atleet wat gisteraand die grootste opoffering gemaak het.

Sy het verkies om eerder deel te neem as om die gradeplegtigheid vir haar honneursgraad by te woon.

Caster Semenya, die vroue-wêreldkampioen in die 800m, het bewys sy sal nie sommer geklop word as sy die slag regtig lus is om te hardloop nie.

Sy het die 400m in 54.03s gewen nadat sy oor die laaste 200m met ’n verbysterende vaartversnelling vorendag gekom het om Namibië se Tjipekapora Herunga te klop.

Zintle Xiniwe het René Kalmer, die Suid-Afrikaanse kampioen, se heerskappy in die 5000m beëindig toe sy in 15 minute en 53.53 sekondes gewen het.

Dit was die eerste keer in amper vier jaar dat Kalmer in dié nommer geklop is.

Chris Harmse, die Statebondspele-kampioen, het homself verbaas toe hy die hamergooi vir mans met ’n gooi van 71.09m gewen het.

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Lees meer oor: atletiek  |  atlete

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.