Eerste positiewe toets in 2011 Tour
2011-07-12 11:01
Kaapstad – Die Russiese fietsryer Alexandr Kolobnv, wat vir die Katusha-span jaag, het die eerste jaer geword om uit vanjaar se Tour de France onttrek te word weens 'n positiewe toets vir 'n verbode middel.
'n Verklaring deur die Internasionale fietsryvereniging (UCI) lui dat 'n urienemonster wat op Woensdag, 6 Julie van die Olimpiese bronsmedalje-wenner geneem is, het die middel Hydrochlorothiazide bevat.
Hoewel dié middel nie beskou word as 'n stimulant of 'n middel wat prestasies verbeter nie, kan dit die gebruik van ander anaboliese steroïdes verbloem.
Die 30-jarige kan vra dat sy B-monster getoets word. Indien dié monster ook positief is, het Katusha bevestig dat hy uit die span geskop sal word.
Lees verder.
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- SAPA