Duitsland verneder SA in Davisbeker-stryd

2010-09-20 08:38
Tweets Share Share line Print

Suid-Afrika se Izak van der Merwe slaan af in gister se wedstryd teen Duitsland se Andreas Beck in die Davisbeker-kragmeting in Stuttgart. Foto: Reuters

Foto's   ·   Lesersfoto’s   ·   Nuus in Foto's Stuur vir ons jou foto's  ·  Stuur vir ons jou foto's

Johannesburg - Die Davisbeker-tenniskragmeting in Stuttgart het Sondag nog vernedering vir die Suid-Afrikaanse span meegebring toe Rik de Voest én Izak van der Merwe hul enkelspelwedstryde teen Duitsland verloor het.

Vrydag en Saterdag se nederlae in die dubbel- en enkelspelwedstryde teen die gasheer het reeds Suid-Afrika se poging gepootjie om vir die gesogte Wêreldgroep te kwalifiseer.

De Voest en Van der Merwe het die geleentheid gehad om die span se naam in ere te herstel, maar moes nóg enkelspel-loesings, teen Florian Mayer en Andreas Beck, verduur.

De Voest het ’n moedige stryd teen Mayer gevoer en die Duitser vir drie stelle besig gehou om ’n 5-0 oorrompeling te vermy, maar Mayer het deurgedruk en eindelik met 6-3, 6-7 (10/8), 6-2 gewen.

Van der Merwe was minder veglustig en het die knie sonder veel teenstand met 5-7, 2-6 teen Beck gebuig.

Vanjaar se Davisbeker-reeks het vanuit ’n Suid-Afrikaanse oogpunt bitter min gebied om oor opgewonde te word.

Die feit dat De Voest se “sege” in die tweede stel teen Mayer as ’n hoogtepunt beskou word, is ’n aanduiding van die bedenklike stand van sake in Suid-Afrikaanse tennis.

Maar volgens Suid-Afrika se nie-spelende kaptein, John-Laffnie de Jager, gaan sy span aanhou probeer om die boonste vlak van dié internasionale spankompetisie te bereik.

“Ons ding mee teen ouens wat in die top-100 op die wêreldranglys is.

“Ons enigste speler in die top-100 is Wesley Moodie, wat 20ste in die dubbelspel gekeur is, so dit is baie taai.”

Vir De Jager is die wyse waarop De Voest sy Duitse teenstander vir die oorwinning laat sweet het ook ’n rede om optimisties oor die span se toekoms te voel.

“Rik se peil is baie goed.

“Hy het goed gespeel in die aanloop tot hierdie wedstryde en het ook gewys dat hy goed op klei speel en maklik kan aanpas,” het die kaptein De Voest geloof.
 

Lees meer oor: davisbeker

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.