Duitse atletiek: dis oorlog teen opkikkers
2009-07-24 15:43
Berlyn – Meer as 1000 dwelmtoetse sal voor die Wêreld Atletiek-byeenkoms in Berlyn op atlete gedoen word, het Clemens Prokop, die president van die Duitse Atletiekfederasie (DLV) gesê.
“Ons sal die stryd teen opkikkers met groot erns voortsit tydens die kampioenskappe,” het Prokop aan die Duitse media gesê.
Die kampioenskappe sal van 15-23 Augustus in Berlyn plaasvind.
-Sapa