Dubbele goud vir Oscar Pistorius

2011-01-31 08:42
Tweets Share Share line Print

Pretoria - Oscar Pistorius het Saterdag op die Wêreldbyeenkoms vir gestremde atlete in Christchurch, Nieu-Seeland, eers die 400m (T44) gewen en enkele ure later ook gehelp om goud in die 4x100-aflos vir Suid-Afrika te wen.

Ampie Louw, Pistorius se afrigter, raak sommer erg opgewonde as hy oor die goue medalje in die aflos uitgevra word.

“Vir amper 16 jaar droom ek as afrigter van dié dag dat Suid-Afrika die goue medalje in die aflos wen, maar telkens het daar op kritieke tye iets verkeerd gegaan, wat daartoe gelei het dat ons nie ’n span kon inskryf nie.

“Saterdag was ’n eerste vir Suid-Afrikaanse gestremde atletiek.

“Die ouens – Oscar, David Roos, Samkelo Radebe en Arnu Fourie – het geen geheim daarvan gemaak nie dat hulle net met goud tevrede sal wees. Nie eens ’n besering kon David daarvan weerhou om deel te neem nie.

“Toe Oscar die aflosstokkie ontvang, het Jerome Singleton, die 100m-wêreldkampioen, seker ’n voorsprong van 10 meter gehad.

“So seker was die Amerikaners dat hulle sou wen dat een van hulle agter Jerome aangehardloop het met sy vuis in die lug gebal om reeds fees te vier.

“Maar toe bederf Oscar die Yanks se partytjie. Hy is só vinnig by Jerome verby dat dit gelyk het asof hy parkering soek. Oscar het ook dié keer slim gedink om eerste na die lyn te duik.

“Die wentyd was net 0.05 sekondes stadiger as die wêreldrekord.”

Volgens Louw het Pistorius doelbewus nie voluit in die 400m gehardloop nie omdat hy hom wou reghou vir die aflos.

“Oscar het maar in 48 sekondes gewen, maar tog was die televisiekommentators beïndruk. Een van hulle het spottend gesê dat daar net drie dinge in die lewe is waarvan ’n mens seker kan wees.

“Die eerste is dat jy belasting gaan betaal, die tweede is dat almal van ons eendag moet doodgaan en die derde is dat Oscar die goue medalje in die 400 op die Wêreld-atletiekbyeenkoms vir gestremde atlete sal wen.”

Suid-Afrika het 23 medaljes (9 goud, 7 silwer en 7 brons) gewen. 

Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.

- Sport24

Lees meer oor: oscar pistorius  |  atletiek

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.