Driekuns vir Brown en Lange

2010-10-19 07:30
Tweets Share Share line Print

Durban - Arran Brown en Malcolm Lange van die Medscheme-span het eergister een van die merkwaardigste driekunste in Suid-Afrikaanse fietsry vermag toe hulle die derde agtereenvolgende jaar die eerste twee plekke in die Ama­shovashova-ren gevul het.

Brown het die wedren van Pietermaritzburg na Durban gewen, met Lange ’n paar sentimeter agter hom. Taylor Day van EMG was derde oor die eindstreep.

Brown was ook verlede jaar se wenner en Lange was tweede. In 2008 het Lange gewen en was Brown tweede.

“Dis te goed om waar te wees. Die Amashovashova behandel my goed,” het Lange gesê.

Lange, wat oor 3 weke 37 jaar oud word, spog met 13 podiumplekke in die Amashovashova.

Hy het dit ses keer gewen, was vier keer tweede en drie keer derde.

Brown was vol lof vir die rol wat Lange en die res van sy span in sy sege gespeel het.

“Dit is nie altyd die vinnigste jaer wat ’n ren wen nie. Jy moet slim wees en weet wanneer dinge op hul dolste is om steeds die regte besluite te kan neem. Malcolm kan dit doen.

“Oor die laaste drie kilometer het my span die perfekte ‘trein’ opgestel. Toe Reinardt Janse van Rensburg (MTN-Energade) sowat 400 m van die eindstreep met sy eindpoging begin, het Malcolm aangedui dat ons hom moet laat gaan.

“Dit was die regte besluit, want Reinardt se bene het hom oor die laaste 200 m in die steek gelaat. Toe dit gebeur, het ek versnel. Malcolm was reg agter my, want as iets verkeerd sou loop, was hy in die perfekte posisie om te wen.”

Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg.

- Sport24

Lees meer oor: arran brown  |  malcolm lange  |  fietsry

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

C programmer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R20000 - R30000

Business Development Manager

South Africa. Pretoria
Hire Resolve
R20000 - R24000

C# Developer

South Africa. Johannesburg
Hire Resolve
R180000 - R300000

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.