Drama ná Rafa-sege

2011-09-06 07:00
Tweets Share Share line Print

New York. – Die verdedigende kampioen in die Amerikaanse Ope, Ra­fael Nadal, het Sondagaand hier tydens ’n bisarre mediakonferensie op Flushing Meadows ineengesak met krampe.

Die 25-jarige Spaanse tennisspeler het ná sy sege in die derde ronde oor David Nalbandian met joernaliste gepraat toe sy gesig van die pyn vertrek en hy teruggesak het in sy stoel terwyl hy sy regterbeen vasgegryp het.

Hy het op die vloer geval agter die tafel waar hy gesit het, met mediese personeel wat ontbied is.

Talle joernaliste en TV-spanne is uit die onderhoud-vertrek gestuur. Nadal het behandeling ontvang van die fisioterapeute en ná 15 minute was hy weer op die been.

Hy het volgehou dit was slegs krampe en toe sy mediakonferensie hervat is, het hy gestaan eerder as gesit en gesê dit was baie pynlik.

Hy kom vandag teen Gilles Muller van Luxemburg te staan.

Tydens sy sege van 7-6 (7/5), 6-1, 7-5 oor Nalbandian, wat in kwaai hitte beslis is, is Nadal ook vir blase aan sy regtervoet behandel.

Die Brit Andy Murray (4de gekeur) het sy sesde agtereenvolgende oorwinning oor die Spanjaard Feliciano Lopez behaal. Die telling was 6-1, 6-4, 6-2.

In die eerste stel het Murray nie ’n enkele punt op sy afslaan afgestaan nie. Hy speel nou teen die Amerikaner Donald Young, wat die eerste keer die vierde ronde van ’n Grand Slam-toernooi gehaal het toe hy die 24ste gekeurde, Juan Ignacio Chela van Argentinië, met 7-5, 6-4, 6-3 uitgeskakel het.

Young het sy enigste vorige ontmoeting met Murray gewen. Dit was vroeër vanjaar in Indian Wells. Murray het gesê dit was in ’n stadium toe sy spel glad nie goed was nie.

Juan Martin del Potro, die kampioen hier in 2009, is in ’n marathonstryd van vier uur deur die Fransman Gilles Simon (12de) met 4-6, 7-6 (7/5), 6-2, 7-6 (7/3) verslaan.

Del Potro van Argentinië het 72 ongedwonge foute gemaak en 3 stelpunte in die 10de pot van die 4de stel verbrou.

Simon kom nou teen die 28ste gekeurde, John Isner van Amerika, te staan, wat sy landgenoot Alex Bogomolov met 7-6 (11/9), 6-4, 6-4 geklop het.

In die vroue-enkelspel het Samantha Stosur van Australië die Rus Maria Kirilenko met 6-2, 6-7 (15/17), 6-3 in 3 uur en 16 minute geklop om die kwarteindronde te haal.

Dit was die langste wedstryd in die geskiedenis van die vroue-enkelspel hier in die Amerikaanse Ope.

Die tweede gekeurde, Vera Zvonereva van Rusland, het die Duitser Sabine Lisicki met 6-2, 6-3 verslaan. 

– Bly op hoogte van al die jongste sportnuus deur Nuus24Sport op Twitter te volg

- Sapa - AP

Lees meer oor: tennis

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 12-17°C Showers early. More sun than clouds. Mild. Pta: 8-21°C Sunny. Refreshingly cool.
Jhb: 6-19°C Sunny. Cool. Bfn: 6-20°C Sunny. Refreshingly cool.
Dbn: 17-25°C Partly cloudy. Mild. PE: 15-20°C Partly cloudy. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

PEUGEOT

306 2.0 Cabriolet
2002
R 89,886.00

BMW

320d EXCLUSIVE AT (E90)
2012
R 449,000.00

JEEP

Cherokee Limited 3.7 4x4 AT
2002
R 165,800.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Casa Rex, Vilanculos

Spend 5 nights in at the magical Mozambican resort of Casa Rex from R7983 per person sharing. Includes accommodation, return flights, taxes and transfers. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

TV-reekse

As jy nie weet wat de joos in die laaste seisoen van jou gunstelingprogram gebeur het nie. Kry die DVD-versamelstel van die reeks nou. Koop dit nou.

Fifty Shades of Grey-reeks

Hou Jack Frost in toom en laat Christian Grey jou onthuts met New York se Nommer 1-reeks Fifty Shades of Grey. Koop dit nou.

Spesiale aanbod op Playstation-speletjies

Herontdek jou opwindende verhouding met jou Playstation deur hierdie uitgesoekte titles op ’n spesiale aanbod aan te skaf. Koop dit nou.

Die BBC Earth-versameling

Laat die ontdekkingsreisiger in jou tot uiting kom met die BBC Earth-versameling op Blu-Ray. Koop dit nou.

DVD’s vir kinders vir R89

Verlig die verveling van die kinders met 2 DVD’s vir R89. Koop dit nou.

DSTV HD PVR-dekodeerder

Nou Slegs R1299.95

Stop, speel terug en opneem, alles in hoe definisie. Neem ten volle beheer en besluit self wat jy wil kyk met DSTV se HD PVR. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.