Djokovic terug op nr.1
2012-11-05 14:02
Berlyn – Novak Djokovic het Maandag teruggeskuif na die eerste plek van die ATP se wêreldranglys ten spyte van sy nederlaag in die tweede ronde van die Meesterstoernooi in Parys.
Die Serwiër het tans 11 420 punte met Roger Federer, wat verlede week nog bo-aan die ranglys was en gekies het om nie sy titel in Parys te verdedig nie, op 9 465 punte.
Die enigste nuwe gesig in die top tien-ranglys is die Fransman Richard Gasquet wat teen Suid-Afrika se Kevin Anderson in Parys verloor het.
Top 10-mansspelers:
1. (2) Novak Djokovic, Serwië, 11 420 punte
2. (1) Roger Federer, Switserland, 9 465
3. (3) Andy Murray, Brittanje, 7 600
4. (4) Rafael Nadal, Spanje, 6 795
5. (5) David Ferrer, Spanje, 6 030
6. (6) Tomas Berdych, Tsjeggiese Republiek, 4 405
7. (8) Juan Martin del Potro, Argentinië, 4 080
8. (7) Jo-Wilfried Tsonga, Frankryk, 3 490
9. (9) Janko Tipsarevic, Serwië, 2 990
10. (12) Richard Gasquet, Frankryk, 2 515
Vir die jongste sportnuus volg Nuus24Sport op Twitter.
- SAPA